Afrikaans

Hou jou kind so besig gedurende hierdie tyd van sosiale issolasie #COVID-19

By |2020-03-26T20:05:44+02:00March 26th, 2020|

Sosiale issolasie is op almal se lippe en vir almal van ons met kinders beteken dit een ding. Ons moet op “stock” op “snacks” en by bly met aktiwiteite om ons kinders besig te hou!! Alhoewel sommige ouers baie kreatief is en dit geniet om nuwe speletjies uit te dink is dit vir ander ‘n groot kopseer.

Paastyd is opoffer-tyd; is jy ‘n Noag?

By |2020-03-11T11:15:48+02:00March 11th, 2020|

Alhoewel Noag se naam nou nog oor vertel word en in die Woord van God vir ewig staan, dink ek nie dit was 5 ster nie. Definitief nie gemaklik nie, hy moes sy gemak opoffer. In Romeine 5 staan daar: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarky kweek volharding en volharding kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof kweek hoop”

Matriekskryf is nie kinderspeletjies nie

By |2019-12-21T06:06:07+02:00December 16th, 2019|

‘n Mens kan een van hoofsaaklik twee situasies in jou huis hê. Alle matrikulante is; hoe sal ‘n mens sê, nie so leergierig as die ander nie… terwyl ander dag en nag studeer. Tot so ‘n mate dat die hele gesin naderhand gespanne is. Wanneer ‘n mens ‘n paar jaar later terugkyk, giggel jy in jou mou, maar defnitief nie terwyl dit aan die gebeur is nie.

Help! My kind wil nie meer lewe nie!

By |2019-07-07T12:48:58+02:00May 5th, 2019|

Dit is iets wat ek geen ouer toewens nie. Ons as ouers wil tog die beste vir ons kinders hê, ons wil hê dat hul gelukkig moet wees en moet uitsien na ‘n rooskleurige toekoms waarin hulle hul drome kan verwesenlik. Die realiteit is egter dat baie kinders voel asof hul nie meer wil lewe nie en dink daaraan om selfmoord te pleeg – ten spyte van ouers se beste poging om hul kinders gelukkig te hou.

Jou kind se emosionele behoeftes – en die grootste hiervan is die LIEFDE

By |2019-07-07T12:53:58+02:00February 11th, 2019|

Mia Keller Pringle het in 1996 kinders se 5 basiese emosionele behoeftes omsrkyf waarvan LIEFDE volgens my die belangrikste is. 'n Kind wat onvoorwaardelike liefde ervaar, reeds vanaf voor geboorte af, het 'n emosionele voorsprong op alle vlakke, want kyk as jy weet jy is geliefd by die huis kan die lewe maar kom - ek het 'n vangnet wat vir my die nodige selfvertroue gee om alle uitdagings te hanteer. Hoe dra ons daardie soort liefde oor?

Tieners, Stress en Temperament

By |2019-07-07T12:54:51+02:00January 16th, 2019|

Alle mense het ‘n sekere vlak van stress of uitdagings nodig om optimaal te kan funksioneer. Sonder enige uitdagings gaan niemand hul volle potensiaal besef en bereik nie. Party kinders kan egter stress beter hanteer as ander. Spanning en angs kan ‘n destruktiewe effek op ‘n tiener se emosionele gesondheid hê en kan selfs lei to angs versteurings. Indien jy as ouer bekommerd is dat jou kind ‘n angs versteuring ontwikkel is dit beter om professionele hulp in te kry sodat hy of sy die regte hulp ontvang.

2019 – My jaar van minder?

By |2019-07-07T12:55:49+02:00January 10th, 2019|

Oppad terug van vakansie af, het ons almal so om die beurt, ‘n bietjie gedeel waaroor ons opgewonde voel vir die jaar wat voorle. Na ek my kans gehad het, vra my man my ‘n baie interessante vraag: “Dit klink alles great, An…maar wat gaan jy hierdie jaar minder doen?”

Skeidingsangs – Hoe gee ek my kleuter af by die skool?

By |2019-07-07T12:56:14+02:00January 8th, 2019|

Die belangrikste van alles: hou jouself kalm en beheerd! ‘n Kind kyk na sy ouer se reaksie om die mate van bedreiging te bepaal. As hy sien jy is duidelik omgekrap, emosioneel en huilerig, gaan hy ook so reageer. Probeer kalm, ontspanne en vriendelik bly wanneer jy en jou kind skei, dit sal hom automaties meer kalm en veilig laat voel.

Wat is Spelterapie?

By |2019-07-07T12:57:42+02:00November 24th, 2018|

Spel word gesien as die universiele taal van kinders, afgesien van etiese herkoms, agtergrond of sosio-ekonomiese geskiedenis. Spel oftewel “speel” word beskou as kinders se woorde, kinders gebruik spel in dieselfde manier as wat volwassenes woorde gebruik. Dikwels speel kinders hul probleme of emosies op ‘n simboliese manier uit, om sodoende hulself uit te druk.

Italiaanse Romanse in jou verhouding

By |2019-07-07T12:58:24+02:00November 12th, 2018|

Anri raai paartjies aan om ‘n bietjie bewus te raak van al die klein, alledaagse dingetjies wat hul verhouding uniek maak en om te kies om dit waardevol te ag. ‘n Groot bos rooi rose sal enige meisie se hart laat smelt, maar die klein dingetjies soos koffie in die bed of sagte soentjies op jou voorkop, iemand wat aandagtig na jou luister terwyl hy/sy jou in die oë kyk terwyl jy praat…dis hierdie dinge wat ‘n gevoel van veiligheid en geliefdheid bring. Moet ook nie terughou om jou partner so te bederf nie

Verhoudings verg harde werk

By |2020-01-07T13:03:07+02:00February 19th, 2018|

‘n Verhouding bestaan uit twee diverse indivdue. Elkeen het ‘n unieke stel verwagtinge, unieke lewensuitkyke, unieke behoeftes en agtergronde. My idee van “hoe ‘n vrou behoort te wees en hoe ‘n man behoort te wees” word beinvloed deur my agtergrond, my voorbeelde, my keuses en my ervaringsleer. Al trou twee mense van baie enerse agtergronde met mekaar, is die klein verskille wat daar wel bestaan, steeds meer as voldoende om groot probleme te kan veroorsaak. En nou plaas ons hierdie twee, unieke mense onder een dak en ons sê “wees nou gelukkig” – dit is nie net so eenvoudig nie.

Hoe om meer romanties te wees

By |2019-07-07T13:01:29+02:00February 12th, 2018|

 

Geen twee mense is presies dieselfde nie en daarom is dit ook so dat wat jy as romanties beskou, dalk mag verskil van wat jou vriendin as romanties ag. Dieselfde geld ook vir die verskille in behoeftes en verwagtinge van verskillende verhoudings/paartjies. Ek glo vas dat elke paartjie oor tyd hul eie romanse-definisie vir hul verhouding kan saamstel.

 

My Tween, Puberteit en Seksvoorligting

By |2019-07-07T13:02:05+02:00November 13th, 2017|

Ongelukkig lewe ons in ‘n wereld waar ons en ons kinders op ‘n daaglikes basis gebombardeer word met dinge van ‘n seksuele aard. Dit word as’t ware op ‘n silwer skinkbord agter ons aangedra en na ons toe uitgehou; om elke hoek en draai. Ons word stelselmatig so gedesensitiseer daardeur, dat ons dit self dalk nie eens meer agterkom nie. 

Ons huwelik en die verskillende fases van die lewe

By |2019-07-07T13:03:18+02:00June 14th, 2017|

Nie net dit nie, maar ons word bombardeer met Facebook-verhoudings. Foto’s van heerlike vakansies, lekker oomblikke saam, oë wat blink en brëe, gelukkige glimlagte, vul sosiale media op ‘n uurlikse basis. Hierdie bombardering skep by meeste mense ‘n totale vals persepsie van hoe huwelike werk en hoe “gelukkig” almal om hulle is. Daar is ‘n algemene tendens tussen meeste mense om hulself, hul verhoudinge en hul lewens te vergelyk met die brokkies inligiting en gedokterde foto’s op sosiale media. Die afleiding of gevolgtrekking wat dan hier gemaak word is dat daar fout is met hulle as paartjie. Die feit dat, dit ‘n split sekonde verg om ‘n foto te neem en dat meeste mense baie maklik, baie fake kan glimlag vir daardie split sekonde, word hoegenaamd nie in ag geneem nie; dis makliker om die valse prentjie wat geskep word as die waarheid te aanvaar.

Tuisbly ma of werkende ma?

By |2019-07-07T13:03:58+02:00April 30th, 2017|

Ek dink nie daar word net op huisvroue neergesien nie. Ek dink ons beweeg in ‘n tyd, waar die teenoorgestelde ook baie waar is. Sommige huisvroue sien maar net so neer op beroepsvroue.

Dit lê werklik swaar op my hart dat ons as vroue moet saamstaan. Dat ons moet ophou om mekaar sleg te maak, te kritiseer, te skinder en neer te kyk op mekaar. Elke vrou het haar eie paadjie wat sy stap, elke vrou het haar eie battles wat sy fight.

Hoe kan JY 2016 die beste jaar ooit maak?

By |2019-07-07T13:05:00+02:00January 25th, 2016|

Die eerste maand van die jaar is al amper verby. Jy kan jou kalender amper al na Februarie omswaai. Dalk het jy nuwejaars voornemens vir jouself gemaak en het jy vol hoop beloftes gemaak dat 2016 die jaar sal wees waarin jy jou drome vervul, gaan reis, kookklasse neem, meer tyd aan jouself bestee, aan jou verhoudings gaan werk of ‘n nuwe stokperdjie beoefen. Dalk het jy die jaar ingestap met geen vooropgestelde idees of voornemens nie. Waar jy ookal op die kontinuum lê, is ek seker jy het hoop dat die jaar wat voorlê vol opwinding, sukses, goeie gesondheid, liefde en vrede sal wees, maar hoeveel beheer het jy nou eintlik oor wat die jaar vir jou inhou?

Anorexia Nervosa en vermydende/beperkende voedseliname versteuring (avoidant/restrictive food intake disorder)

By |2019-07-07T13:05:21+02:00October 20th, 2015|

Hierdie artikel is deel van ‘n reeks artikels wat fokus op die verskillende eetversteurings waaraan individue ly. Die eerste artikel genaamd ‘7 miete en feite: Wanneer ‘n eetversteuring jou insluk…’ was ‘n inleiding tot eetversteurings en het verskillende kwessies soos mietes en feite aangespreek. Die tweede artikel het gefokus op twee unieke eetversteuring wat nie alombekend is nie, maar wat individue wel aan ly: Pica eetversteuring en herkou eetversteuring.

Hierdie artikel sal Anorexia Nervosa en vermydende/beperkte voedselinname eetversteuring beskryf. 

Pica en Ruminasie(herkou) – eetversteurings

By |2019-07-07T13:05:47+02:00August 12th, 2015|

Die term PICA kom van die Latynse woord ‘magpie’ af.  Magpie is ‘n Europese voël (amper soos ‘n kraai), wat bekend is vir sy onoordeelkundige eetlus van eienaardige voorwerpe, die voël eet omtrent enigeiets.  Vandag word die term Pica gebruik om individue met `n kompulsiewe behoefte om te eet, te kou, of te lek, aan nie-voedselitems soos byvoorbeeld grond, kryt of verf, ens te beskryf en te diagnoseer.

7 mites en feite: Wanneer ‘n eetversteuring jou insluk…

By |2019-07-07T13:06:46+02:00June 15th, 2015|

Eet is belangrik, voedsel hou ons tog aan die lewe. Maar wanneer ‘n individu ‘n versteuring in hulle eetgewoontes ontwikkel kan dit so 'n groot impak hê dat die res van hul funksionering negatief beinvloed sal word. Vir 'n individu wat met 'n eetversteuring worstel, is dit dikwels 'n baie moeilike, eensame pad na herstel.

Go to Top