Hierdie artikel is deel van n reeks artikels wat fokus op die verskillende eetversteurings waaraan individue kan ly. Die eerste artikel genaamd  ‘7 mite en feite: Wanneer ‘n eetversteuring jou insluk…’ was ‘n inleiding tot eetversteurings en het verskillende kwessies soos mites en feite aangespreek.  Hierdie artikel fokus op twee unieke eetversteuring wat nie alombekend is nie, maar waaraan sommige individue wel ly. Wanneer ‘n individu aan ‘n eetversteuring ly, beinvloed dit nie net hulle maaltye, oefening en sosialisering nie, maar elke aspek van hulle lewe. Die eerste eetversteuring wat bespreek word is die Pica eetversteuring en daarna sal die fokus verskuif na die herkou eetversteuring.

PICA eetversteuring:

Die term PICA kom van die Latynse woord ‘magpie’ af.  Magpie is ‘n Europese voël (amper soos ‘n kraai), wat bekend is vir sy onoordeelkundige eetlus van eienaardige voorwerpe, die voël eet omtrent enigeiets.  Vandag word die term Pica gebruik om individue met `n kompulsiewe behoefte om te eet, te kou, of te lek, aan nie-voedselitems soos byvoorbeeld grond, kryt of verf, ens te beskryf en te diagnoseer.

Baie jong kinders sit nie-voedselitems in hulle monde gedurende hulle ontdekkingsjare. Kinders is natuurlik nuuskierig oor hulle omgewing en sal byvoorbeeld sand, van die sandput waarin hulle speel, eet. Kinders met die Pica eetversteuring gaan egter baie verder as net hierdie ontdekking van hulle omgewing. Ongeveer 10{97fa4f7e3f90de63208dbf923bf7383c3bb584adf96b64fde63584d1e00110d6} tot 30{97fa4f7e3f90de63208dbf923bf7383c3bb584adf96b64fde63584d1e00110d6} van kinders tussen die ouderdom van een tot ses jaar, kan aan die Pica eetversteuring ly. Gewoonlik word dit gekenmerk aan die aanhoudende en kompulsiewe eet van nie-voedselitems vir ‘n tydperk van tenminste een maand.

Die Pica eetversteuring word meestal gediagnoseer onder persone wat vertraagde ontwikkeling het, insluitende outistiese en verstandelike gestremde individue, asook by kinders wat ‘n breinbesering opgedoen het waar die breinbesering hulle ontwikkeling affekteer. Pica kom ook voor by kinders tussen die ouderdom van twee en drie jaar en by vroue wat swanger is (maar verdwyn gewoonlik na die geboorte van die baba) sowel as by individue wat aan epilepsie ly.

Individue met die Pica eetversteuring smag na en eet gereeld nie-voedselitems soos:

·         Verf

·         Grond

·         Klei

·         Wasgoed seep

·         Ontlasting

·         Ys

·         Gom

·         Hare

·         Papier

·         Seep ens.

Pica is ‘n eetversteuring wat kan lei tot loodvergifting, fosfaatvergiftiging, wanvoeding, intestinale obstruksie en tandbeskadiging en word dus as ‘n baie gevaarlike gesondheidsprobleem gesien.

Tekens van Pica:

Waarskuwingstekens dat ‘n individu aan Pica mag ly:

·         Herhaalde mondelingse inname van nie-voedselitems, ten spyte van pogings om dit te beperk, vir n periode van tenminste een maand

·         Die gedrag word gesien as onvanpas vir die individu se ouderdom en ontwikkelingsfase (ouer as 18 tot 24 maande)

·         Die gedrag is NIE deel van ‘n individu se kulturele, etniese of godsdienstige praktyk nie

Hoekom eet sommige individue nie-voedselitems?

Die spesifieke oorsaak van Pica is onbekend. Sekere omstandighede en situasies kan ‘n individu se risiko wel verhoog:

·         Voedingstekorte soos yster en sink kan ‘n behoefte skep vir die inname van nie-voedselitems

Alhoewel nie-voedselitems gewoonlik geen minerale tekort aan die individu se liggaam verskaf nie

·         Dieet : individue wat ‘n dieet volg, mag in ‘n poging om hulle honger te verlig nie-voedselitems eet, kou of lek om ‘n versadige gevoel te kweek

·         Wanvoeding: spesifiek in onderontwikkelende lande (soos landelike Suid-Afrika), waar mense met Pica gewoonlik klei of grond sal eet

·         Kulturele faktore: in party kulture of godsdienstige groepe is die eet van nie-voedselitems ‘n aangeleerde praktyk

·         Ouerlike verwaarlosing en gebrek aan toesig kweek omstandighede waar kinders Pica kan ontwikkel

·         Ontwikkelings probleme soos verstandelike gestremde individue, outistiese individue en ander individue wat aan vertraadde ontwikkeling ly, kan Pica by voorkom

·         Geestesgesondheidstoestande soos obsessiewe kompulsiewe versteuring (OCD) en skisofrenie

·         Swangerskap kan ly tot die ontwikkeling van Pica, maar verdwyn gewoonlik na die baba se geboorte

Die eet van aardstowwe soos grond en klei staan bekend as ‘geophagia’ wat ly tot ‘n ystertekort. In sekere kulture eet individue grond en klei, omdat hierdie kultuur glo dat die eet van die stowwe verlig naarheid, beheer diaree, verhoog speekselafskeiding, verwyder gifstowwe en verander ‘n individu se reuk en smaak persepsie. Pica kan ook voorkom as ‘n gedragsreaksie op stress.

Dit is wel baie belangrik dat jy ‘n dokter sal raadpleeg indien jy, of iemand wat jy ken, aan die Pica eetversteuring mag ly. ‘n Kliniese Sielkundige kan ook geraadpleeg word, ‘n diagnose maak en help met die behandeling van die eetversteuring.

Die volgende eetversteuring waarop gefokus gaan word is die herkou (rumination) eetversteuring:

HERKOU (rumination) eetversteuring:

Die term (rumination) is van Latyns afkomstig (ruminare), wat herkou beteken. Die herkou eetversteuring word gekenmerk deur die vrywillige of onvrywillige herhaalde herkou van kos of gedeeltelik verteerde kos wat dan weer ingesluk word of uitgespoeg word. Hierdie gedrag moet nie verwar word met die opbreek of sensasie van winde nie, ook nie met natuurlike braking of naarheid nie.  Met ‘n herkou eetversteuring proe die braaksel nie bitter of suur nie.

Die vyfde uitgawe van die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesversteurings wat Sielkundiges en Psigiaters gebruik om ‘n individu te diagnoseer klassifiseer die herkou eetversteuring op die volgende manier:

 

·         Die vrywillige of onvrywillige herhaalde herkou van kos of gedeeltelik verteerde kos wat dan weer ingesluk word of uitgespoeg word

·         Die herhaalde herkou van kos word nie toegeskryf aan ‘n ge-assosseerde maagsiekte of ander mediese toestand (bv. gastro reflux , pilorus stenose) nie

·         Die eetversteuring vind nie uitsluitlik plaas gedurende die loop van anorexia nervosa, bulimia nervosa, drank- en eetversteuring of vermyding / beperkende voedselinname eetversteuring,nie

·         Indien die gedrag voorkom binne die konteks van ‘n ander geestelike versteuring ( algemene angsversteuring ) of neurologiese versteuring (intellektuele gestremdheid), moet voldoende ernstige onafhanklike kliniese aandag regverdig wees

 
 
Die herkou eetversteuring kan die volgende veroorsaak:
 
·         Halitose 
·         Wanvoeding 
·         Gewigsverlies 
·         Groei mislukking 
·         Elektrolietwanbalans
·         Dehidrasie 
·         Gastriese versteurings 
·         Boonste lugweë nood 
·         Tandheelkundige probleme, veral tandbederf 
·         Aspirasie / oormatige sweet
·         Verstikking 
·         Longontsteking 
·         Dood
 
 
Wat is die simptome van herkou eetversteuring?
 
Die simptome van die herkou eetversteuring sluit die volgende in:
 
·         Gewigsverlies 
·         Halitosis 
·         Probleme met die individu se spysvertering 
·         Kroniese rou en gebarste lippe
  • Braaksel kan gesien word op die ken van die individu, sy/haar nek en boonste klere

 

Die herkou van kos begin gewoonlik binne minute na 'n maaltyd en kan 'n paar uur duur. Die herkou kom gewoonlik voor, elke dag, na meeste maaltye. Herkouing word algemeen beskryf as moeiteloos en word selde geassosieer met kragtige abdominale kontraksies of braak. Kinders en volwassenes wat aan ‘n herkou eetversteuring ly, sal gereeld honger voel en nie voor ander wil eet nie.
 
Indien jy vermoed dat jy of ‘n geliefde aan ‘n herkou eetversteuring ly, skakel jou huisdokter om ‘n mediese ondersoek te doen, om die soort eetversteuring te diagnoseer. ‘n Kliniese sielkundige kan jou of ‘n geliefde help as die oorsaak van die eetversteuring nie medies verklaar kan word nie. Die herkou eetversteuring kan as ‘n simptoom van stres, angs, kompulsiwieteit of depressie voorkom.
 
Die derde artikel in die reeks van eetversteurings sal op Anorexia nervosa en vermydende/beperkende voedseliname versteuring (avoidant/restrictive food intake disorder) fokus.