Paastyd is Opoffertyd…

Volgens Steve Furtic is die lewe soos die ark binnekant, lees ek in ‘n onbekende bron.  Daar was nie lugversorging nie, net een venster.  Kan jy dink hoe het dit geruik met elke dier, skuus 2 van elke diersoort daarbinne, met geen onmiddelike “selfskoonmaak” toerusting!

Alhoewel Noag se naam nou nog oor vertel word en in die Woord van God vir ewig staan, dink ek nie dit was 5 ster nie. Definitief nie gemaklik nie, hy moes sy gemak opoffer.

In Romeine 5 staan daar: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarky kweek volharding en volharding kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof kweek hoop”

Daar was net water om Noag hulle oral waar jy kyk.  Noag kon sy oog  net op God hou.  Sou jy kon? Is ons “Noag reg” om vir 40 dae die stank en die hitte uit te hou sonder ons fone en warm water? Randy Clark van die Toronto Blessing sê die gemiddelde Amerikaner wat meer as 20 ure Netflix, TV of iets soortgelyk per week kyk, moet nie wonder waarom hulle nie ‘n aardbewende getuienis een keer per week kan lewer nie.   Hoekom nie?  Want baie van ons wil ‘n Noag wees maar ons is nie bereid om (vir ‘n rukkie – Petrus 5:10) in die warm, bedompige ark te leef nie.  Ons wil mooi Instagram fotos hê…

Elvis Blue vertaal ‘n diephart nederlandse lied en titel dit Mooi, al inligting wat ek het is dat hy wens hy het eerste aan die lirieke gedink.

Hy sing:

“Hoe raak jy aan die slaap, hoe begin jou dag?

Open jy jou oë met ‘n traan of met ‘n lag?

Kyk jy om jou rond? Leef jy van geluk,

of sterf jy van verdriet?

Hoe mooi kan jou lewe lyk…

dis maar hoe jy kyk, dis maar wat jy droom,

Hoe mooi is jou werklikheid, jy is net so ryk, so ryk soos wat jy voel.

Weet jy wat jy het,

is die sirkel rond, sien jy wat daar staan

of bly jou oë op die grond?

Kry jy wat jy wil, meer as wat jy vra

Is jy tevrede met die minste of is die meeste nie genoeg?

Raak jy verwonder deur die sneeu, deur die druis van die wind?   Geniet jy nog die voëls en die glimlag van ‘n kind?

bewerk jy jou geluk, wat binne-in jou sit?

dis die einde en die begin.

Tevrede met wat jy het en ‘n breidwillige hart.”

Paasfees is binnekort, Hy het Sy lewe vir ons gegee. My gebed vir almal wat hier lees is dat ons bereid sal wees om soos Noag en Jesus iets op te offer en meer te leef soos Elvis Blue skryf/vertaal in sy lied.

Hoe vier ek ‘n gesonde paasfees?  Ek het nie iets tydskrif-mooi om hier te skryf behalwe: wees bereid om in die ark te gaan leef vir ‘n paar dae, jy mag dalk net vir Jesus daar kry, of jou genesing, of die antwoord op ‘n gebed.

Geseënde paasfees,

Ilanie