Sosiale issolasie is op almal se lippe en vir almal van ons met kinders beteken dit een ding. Ons moet op “stock” op “snacks” en by bly met aktiwiteite om ons kinders besig te hou!! Alhoewel sommige ouers baie kreatief is en dit geniet om nuwe speletjies uit te dink is dit vir ander ‘n groot kopseer.

Die Vita Nova span het koppe bymekaar gesit en met die volgende speletjies opgekom om jou kinders op ‘n emosionele en fisiese vlak te stimuleer en tersefldetyd saam pret te hê:

1. “Kiddies Yoga en emosionele regulasie”

In hierdie tye wat ons so by die huis rond hang kook allerhande emosies oor. Verveeld, kwaad, geirreteerd, bang ens. Ons kinders, veral die jonger kinders volg natuurlik ons ouers se emosies na… ‘n kookpot vir drama!

Ons wil ouers graag motiveer om hulle kinders te kry om emosies te identifiseer sowel as reguleer. Een manier hoe hul emosies kan identifiseer is om emosie kaarte teen die yskas te sit. Op enige tydstip van die dag kan die gesin dan bymekaar hoor watter emosie hul ervaar en hoekom hul dit ervaar.

‘n Aktiwiteit wat ouers kan doen om kinders te help om emosies te reguleer is “kiddies yoga”. Dit is prettig en behalwe dat ons, ons liggame oefen, kry ons die geleentheid om diep asemhaal te oefen sowel as daardie lag spiere.

Krediet: Roelien Wiesner

2.  Maak ‘n hindernisbaan buite

Kinders moet steeds tyd buite spandeer. Baie studies dui op die belangrikheid van Vitamien D as dit by die gemoed kom. Maak ‘n hindernis baan buite en kyk wie dit vinnigste kan voltooi. Anders kry bordkryt en teken ‘n hop scotch baan op die plaveisel.

Krediet: Anri van den Berg

3.  Gaan stap om die blok

Hierdie is seker die oudste gesins aktiwiteit, maar werk steeds. Dit gee almal ‘n kans om uit die huis te kom, en dit gee kinders die kans om ontslae te raak van opgehope energie!

Krediet: Anschel Pieterson

4.  Emosionele “charades”

Skryf emosionele woorde op ‘n papiertjie. Gebruik maklike emosies soos gelukkig, hartseer, bang, deurmekaar, kwaad, siek, lag, laf, opgewonde, verras, onbeskof en selfs gril.  Elke speler trek ‘n emosie en moet dit uitbeeld sonder woorde of tekeninge. Al die gesigtrekkery kan baie pret veroorsaak!

Krediet: Lou Shuttleworth

5. Speletjies vir tieners:

  • Laat almal hul fone in ‘n mandjie gooi en kyk wie die langste kan uithou. Gesels dan oor wat is die laaste emoji of memes wat jy gestuur het en hoekom dit snaaks was.
  • Moedig tieners aan om ‘n besigheid te begin. Tieners kan baie kreatief wees!
  • Navorsing wys dat tieners se ore bietjie oopgaan met die effe gedagte aan ekstra data. Gewone alledaagse roetine en dissipline moet daar wees soos bv pak die skottelgoed wasser in of uit , tel klere op ens, maar gee vir hul ekstra takies in en om die huis. Jy sal verbaas wees hoe gewillig hul sal wees vir ‘n ekstra megabite!

Krediet: Ilanie Moller

6.  Verf jou emosies

Kry 4 basiese kleure, soos rooi, geel, blou en oranje. Kry 4 groot velle papier en verf elkeen ‘n verskillende kleur. Bespreek dan watter emosies by elke kleur pas en hoe elke emosie jou laat voel. Begin by die vier basiese emosies; gelukkig, hartseer, kwaad en bang.

Krediet: Heske Sangster

7.  Ontwikkel jou eie realiteits TV programme met die huis gesin as deelnemers

Ontwikkel ‘n TV program waarin die hele gesin deelneem en daar ‘n wenner gekies kan word. Word kreatief en na-aap programme soos Idols, Minute to win it, Master Chef en selfs Survivor. Diegene wat tuine het kan Survivor buite speel en dalk kos maak buite op ‘n vuur of deurnag buite (solank dit veilig is).

Krediet: Heske Sangster

8. Bly of gly

Gebruik die tyd by die huis en maak almal deel van die bly of gly speletjie. Dit is die perfekte geleentheid om ontslae te raak van onnodige klere, speelgoed en ander onnodige artikels.  Maak “bly “ en “gly” hopies en laat almal hul kamers, kaste en speelgoed uitsorteer en gee die “gly” hoop vir minderbevooregtes.

Krediet: Heske Sangster

9.  Twee positiewe eienskappe en een groeipunt

Tydens aandete kan elke gesinslid twee positiewe eienskappe vir ‘n ander gee en een groeipunt vir dieselfde persoon. Gaan in die rondte en gee almal ‘n beurt. Bespreek hoe dit voel om te hoor dat jy ‘n groeipunt het en gee wenke hoe om kritiek te hanteer.

Krediet: Heske Sangster

10. Emosionele Termometer – Goeie weer en onweer’s dae

Maak ‘n emosionele termometer. Die doel hiervan is om kinders te help bewus word van hul energie en emosies. So kan jy hul help om kalmeer tegnieke aan te leer en self-toe te pas.  Vra jou kind enige tyd van die dag hoe hul voel, het hulle ‘n goeie sonskyn dag of ‘n moeilike dag vol reën en donderweer.  Indien jou kind ‘n donderweer dag het dink saam aan maniere hoe hul weer ‘n goeie weersdag kan hê bv. slaan ‘n boks sak of maak ‘n kalmeer bottel vol water en blinkers.

Krediet: Heske Sangster