Die term Anorexia Nervosa kom van Latynse oorsprong af en beteken ‘senuweeagtige onvermoë om te eet’.

Die vyfde uitgawe van die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestes Versteurings wat Sielkundiges en Psigiaters gebruik om ‘n individu te diagnoseer, klassifiseer Anorexia nervosa eetversteuring op die volgende manier:

·         Beperking van die energie-inname relatief tot vereistes wat lei tot 'n beduidende lae liggaamsgewig in die konteks van ouderdom, geslag , ontwikkelings groei en fisiese gesondheid. Beduidende lae gewig word gedefinieer as 'n gewig wat minder as minimaal normale is, of vir kinders en adolessente, minder as wat verwag minimaal.
·         Intense vrees om gewig aantesit of om oorgewig te raak of aanhoudende gedrag wat inmeng met gewigstoename al het die individu alreeds ‘n aansienlike lae gewig.
·         Versteuring in die manier waarop 'n individu sy or haar liggaam gewig of vorm ervaar of aanhoudende gebrek aan erkenning van die erns van die huidige lae liggaamsgewig
 

Anorexia nervosa is ‘n baie gevaarlike eetversteuring want self kan ly tot die dood. Dit is belangrik om die tekens en simptome vroeg te erken sodat ‘n individu dadelik met behandeling kan begin. Die beste sukses om  Anorexia Nervosa te oorwin is deur mediese behandeling, die betrokkenheid van ‘n dieetkundige asook familie en individuele terapie deur ‘n kliniese sielkundige.

Anorexia Nervosa  as ‘n versteuring word nie gekenmerk deur impulsiewe of verslawende gedrag soos byvoorbeeld obsessiewe kompulsiewe versteurings nie. Anorexia Nervosa word wel gekenmerk deur uiterse selfbeheersing waar individue wat aan Anorexia Nervosa ly, gebruik maak van metodes wat uiterste selfbeheersing vereis ten opsigte van eetgedrag om haar/sy liggaamsgewig instand te hou op ‘n vlak wat abnormal en self gevaarlik kan wees.

‘n Individu wat aan Anorexia Nervosa ly, verloor doelbewustelik gewig deur haar/sy algehele voedselinname te verminder of te beperk. Hierdie proses waar die individu haar-/homself uithonger, bring rusteloosheid mee wat dikwels verhoog word deur uitermatige oefening. ‘n Versteurde persepsie van liggaamsbeeld is ‘n belangrike kenmerk van die eetversteuring.

Meeste individue met Anorexia Nervosa beleef algemene paniek. Skuldgevoelens, skaamte en afkeer word saam met die paniek beleef en ly dikwels tot depressie. Irrasionele denk patrone vorm as gevolg van die kompulsiewe gedrag en veroorsaak ‘n siklise proses waar ‘n individu se denke hulle gedrag beinvloed en waar gedrag ‘n individu se denke beinvloed.

Ongelukkig speel die sosiale media en ‘n individu se kultuur en vriendskap verhoudinge ‘n baie groot rol in die persepsie van ‘n individu se liggaamsbeeld.

Beantwoord gou die volgende vrae:

Hoe sal jy die ideale vroulike en manlike liggaamsbou beskryf?

Waar kom jou beskrywing van bogenoemde vandaan?

Wie bepaal wat die ideaal moet wees?

As jy nie in die ‘ideale liggaamsbou’ pas nie, wat se gedagtes vorm jy van jouself?

Het hierdie gedagtes ‘n impak op wat jy eet, hoe jy aantrek, wie jy definieer as ‘mooi’ of ‘lellik’?

Navorsing toon dat eetversteurings meer by vroue voorkom, omdat meeste vroue daarvan hou om mooi en aantreklik te lyk en dus speel ‘n aanvaarde liggaamsbeeld ‘n groot rol in hoe vrouens voel oor hulself. Die voorkoms van Anorexia Nervosa het toegeneem oor die laaste paar dekades, met ‘n toenemende voorkoms in prepubertale meisies en ook in mans.

Alhoewel eetversteurings grootliks rondom kos en gewigskwessies sentreer, is beide hierdie net simboliese waarskuwings wat dui op die onderliggende sielkundige worstelstryd binne die individu. ‘n Individu met Anorexia nervosa maak van uithongering gebruik om gemoedsveranderinge en ‘numbing’ van die liggaam mee te bring, maar die kwessies waarmee hulle worstel is baie dieper. Meeste mense wat aan Anorexia Nervosa ly het ‘n lae selfbeeld en hul siening van hulself is negatief oor die algemeen. Dit is belangrik om in ag teneem dat nie alle individue met ‘n lae selfbeeld ‘n eetversteuring het nie. Navorsing toon aan dat individue wat aan Anorexia Nervosa ly, moeilik emosies hanteer of daaroor praat.

Die volgende eetversteuring waarop gefokus gaan word is die vermydende voedseliname eetversteuring:

Vermydende/beperkende voedseliname versteuring (avoidant/restrictive food intake disorder):

Individue wat aan die vermydende/beperkte voedseliname eetversteuring ly, vermy of beperk hulle voedselinname nie omdat hulle gewig wil verloor nie, maar wel omdat hulle nie die nodige kos wil in neem nie. Hierdie Individue het gewoonlik ‘n baie lae liggaams gewig, beduidende voedsel tekort (wat ‘n impak het op gesondheid). Hulle is gewoonlik afhanklik van enterale voeding (aanvullende voeding of nasogastriese buisvoeding om voldoende inname te handhaaf). Die eetversteuring het ‘n groot impak op hulle psigososiale funksionering en hulle het byvoorbeeld minimale energie om aktiwiteite te verrig.
Individue wat aan die versteuring ly sal kies om byvoorbeeld net wortels te eet en geen ander voedsel in hulle liggaam plaas. Hulle sal dus na ‘n ruk ‘n beduidende gewigsverlies ervaar, beduidende voedseltekort ervaar en dus afhanklik raak van enterale voeding en die eetversteuring sal ‘n groot impak hê op hulle psigososiale funksionering.
Die eetversteuring moet nie verwar word met kinders wat kieskeurige eeters is of individue wat se voedselinname verminder soos hulle verouder. Sommige individue vermy of beperk kos as gevolg van sensoriese karakter eienskappe van kos soos byvoorbeeld die kleur, reuk, tekstuur, temperatuur of smaak. Individue met verhoogde sensoriese sensitiwiteit (soos autisme) kan soortgelyke gedrag wys maar dit beteken nie dat hulle aan die eetversteuring ly nie.

Die vyfde uitgawe van die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestes Versteurings wat Sielkundiges en Psigiaters gebruik om ‘n individu te diagnoseer, klassifiseer vermydende/beperkte voeseliname versteuring op die volgende manier:

·         ‘n Eetversteuring wat manifesteer deur die aanhoudende mislukkig om aan die toepaslike voedingswaarde of energiebehoeftes wat verband hou met een of meer van die volgende:
                    1. Beduidende gewigsverlies (of versuim om verwagte gewigstoename of wankelrige groei in
                         kinders te bereik)
    2. Beduidende voedingstekort
    3. Afhanklikheid van enterale voeding of mondelinge voedingsaanvullings
    4. Merkbare inmenging met psigososiale funksionering
·         Die versteuring word nie beter verduidelik deur die gebrek aan beskikbare kos of deur 'n spesifiek kultureel praktyk (dus buite die norm van ‘n kulturerle praktyk of armoede as oorsaal vir gewigsverlies en voedingstkort)
·         Die eetversteuring kom nie uitsluitlik voor gedurende Anorexia Nervosa of Bulimia Nervosa eetversteurings nie
·         Die eet versteuring kan nie toegeskryf word aan 'n konkurrente mediese toestand, of nie beter verduidelik deur 'n ander geestelike versteuring byvoorbeeld ‘n maagseer of ander mediese toestand waaruit die eetpatroon ontwikkel het.
 
Indien jy vermoed jy of ‘n geliefde ly aan ‘n eetversteuring, skakel ‘n psigiater om ‘n mediese ondersoek te doen om die soort eetversteuring te diagnoseer. ‘n Kliniese sielkundige kan jou of ‘n geliefde help as die oorsaak van die eetversteuring nie medies verklaar kan word nie.
Die vierde artikel in die reeks van eetversteurings sal op Bulimia nervosa en impulsiewe ooreet versteuring (binge-eating disorder) fokus.