Ouerskap! Hierdie taak is verseker nie vir sissies nie. Al is ouer-wees seker dié grootste seening op aarde, is dit ook belaai met ontsaglike uitdagings.

Een van hierdie uitdagings lê rondom die hele kwessie van puberteit en seks. Vir baie ouers is dit n uiterse kwelsaak:  “Wanneer praat ek met my kind!? Hoe praat ek met my kind!? Wat sê ek en wat los ek uit, gebruik ek prentjies, boeke…hoeveel detail is genoeg, kan ek te veel sê… HELP!? “

Dit is vir meeste van ons as ouers ‘n natuurlike instink om ons kinders te probeer beskerm teen al die gaggas in die wêreld. Ons wil hulle koester en onskuldig hou vir solank as wat dit menslik moontlik is. Ons wil sover dit binne ons vermoe is, hulle weghou van alles wat lelik, gevaarlik en sleg is.

En dit sluit dan ook baie beslis onderwerpe en ervaringe of blootstelling aan dinge van ‘n meer “grootmens” aard in.

Ongelukkig lewe ons in ‘n wereld waar ons en ons kinders op ‘n daaglikes basis gebombardeer word met dinge van ‘n seksuele aard. Dit word as’t ware op ‘n silwer skinkbord agter ons aangedra en na ons toe uitgehou; om elke hoek en draai. Ons word stelselmatig so gedesensitiseer daardeur, dat ons dit self dalk nie eens meer agterkom nie. Doen jouself ‘n guns en kyk ‘n bietjie om jou rond! Selfs ‘n TV advertensie vir ‘n koekie seep is sensueel en uitlokkend en gee totaal verkeerde boodksappe rondom seks, seksualiteit en verhoudinge.

Alledaagse gesins- tydskrifte, pronk op die rakke – ooghoogte vir jou seuntjie of dogtertjie wat hand aan hand saam met jou deur die rakke stap; op die voorblad, is ‘n tannie (wat self nog bloedjonk lyk), “ge-photoshop to perfection”,  uitlokkend en sensueel…met ‘n skamele paar spoegseltjies stukkies lap wat net-net toemaak wat dit moet…dalk nie eens heeltemal nie.

Die boodskap wat die media na ons toe uit bassuin is oorverdowend en in totale kontras met wat ons eintlik graag wil hê ons kinders moet leer en glo; oor hulleself, die teenoorgestelde geslag, seks, seksualiteit en verhoudings.

Ons kan ongelukkig ook nie bepaal met wie ons kinders op ‘n daaglikse basis in aanraking kom nie. Die kind wat langs jou seuntjie sit in die klas, het vrylik toegang tot sy pa se pornografie. Die maatjie wat saam met jou dogtertjie op die netball kamp gaan, se ouer sussie is ’n konstante bron van inligting, inligting wat hoegenaamd nie van pas is om te deel nie. Om nie eens te praat van al die tegnologie wat inligitng so maklik verkrygbaar maak nie!

Hierdie is die realiteit van die wereld waarin ons leef en daarom kan ons as ouers nie so naif wees om te dink ons beskerm ons kinders deur om inligting van hulle te weerhou nie.

Ons moet sekermaak dat ons stem, ons waardes en ons lewenslesse, harder praat as die wêreld se boodskappe.

So hoe nou gemaak?

a)      Verskaf ouderdoms-gepaste informasie

b)      Bantwoord alle vrae so eerlik as moontlik

c)      Kyk uit vir “leer-oomblikke”

d)      Bou sterk verhouding met jou kind.

 

Hoe berei jy jou tween voor op puberteit?

Eerstens kan jy maar onmiddellik aanvaar jou tween weet meer as wat jy dink. Die probleem is die informasie wat hulle by maatjies, op die internet of op tv kry is beperk en nie korrek nie!

Wanneer dit kom by seks-voorligitng en puberteit, is daar vir my ‘n paar komponente tersprake; onder andere biologie, emosies en waardes.

Die informasie wat kinders so toevallig en stuk-stuk bymekaar maak, val grotendeels in die biologie kategorie – die idee van stabiele, gelukkige, gesonde verhoudings, vorm nie rerig deel van die sensasionele informasie wat gedeel word nie.

Die inligting wat hulle wel bymekaar maak, fokus ook primer rondom die seksdaad en baie kinders is totaal onvoorbereid vir die fisiese en emosionele veranderinge wat hulle self in hul lyfies ervaar tydens hierdie fase.

Wat is puberteit?

Puberteit begin lank voor menstruasie en “wet dreams” hul verskeining maak. Hormone word deur die hipofise (pituitary gland) afgeskei, wat op hul beurt lei tot die produksie van estrogeen en progestoroon; wat in dogters, en testosteroon wat in seuns afgeskei word. Dogters bereik gewoonlik puberteit tussen 9 en 12 en seuns tussen 11 en 14. 

Wat moet jy jou tween leer wat hy/sy nie al reeds weet nie?

Seksvoorligting:

Hoe babatjies gemaak word – ‘n sperm selletjie en ‘n eierselletjie kom bymekaar uit en vorm dan ‘n babatjie wat in ‘n baie spesiale plekkie binne in die mamma se lyf, veilig bly en ontwikkel tot dat die babatjie reg is om gebore te word. Die spermselletjie kom van die pappa af en die eierselletjie van die mamma af (biologie), daarom is dit baie belangrik dat die twee mense wat saam ‘n babatjie maak, baie lief is vir mekaar en getroud is (waardes).

Soos jou tween ouer word, fisies en emosioneel ontwikkel en meer begin vra oor hierdie inligting, brei jy eerlik uit.

Dis uiters belangrik om ook net hier te noem, dat hoe jou kind oor seks en seksualiteit gaan dink en voel as volwassene, grotendeels deur jou as ouer beinvloed word. Daarom moet jy sekermaak dat jy die onderwerp  gesond aanpak. Seks is ‘n Godgegewe deel van n gesonde huwelik, iets wat die Here vir ons as mense gegee het om te geniet, maar ook iets wat sorg vir die voortplanting van die spesie. Dis biologie, emosies, verhoudinge, selfbeeld, selfkonsep en christen-waardes alles ineen.

As ons as ouers dit gaan hanteer as ‘n taboe of gagga onderwerp, iets wat totaal apart van die res van ons menswees hoort, kan dit ons kinders se volwasse verhoudinge  baie negatief beinvloed. As ons nie ons insette lewer rondom die waardes-aspek nie, gaan ons kinders meer vatbaar wees vir die boodskappe en die leeuns wat die media versprei – jy moet mooier, dunner, langer, frisser, groter, sexier wees want die fisiese aantreklikheid van ‘n persoon is al wat tel…

Tydens hierdie ontwikkelingsfase is daar ‘n merkwaardige val in, veral dogters se selfbeeld.

Dove – real beauty campaighn het ‘n aanlyn video clip waar hulle demonstreer hoe ‘n advertensiebord se foto geskep word van begin tot einde – ‘n doodnormale, alledaagse vrou stap die studio binne. Na ure se grimeer werk en stilleer werk aan haar hare, begin die rekenaarwerk – hulle maak haar oë groter,  haar neus kleiner, haar lippe voller, vee sproetjies en fyn plooitjies uit en hierdie “skepsel” pronk op die advertensiebord. Ek wys gereeld  vir my 10 jarige dogterjie iets soortgelyks – ek wil hê sy moet die boodskap diep in haar wese inkorporeer – wat ek in die media sien, is nie waar nie – dis onmoontlik, dis “fake”.

Puberteit

Kinders moet weet dat puberteit ‘n normale lewensfase is waardeur almal van ons gaan. Ons as ouers moet hulle help verstaan dat dit niks is om oor skaam of sleg te voel nie – (al is dit ‘n tydperk waar onsekerheid en lae selfbeeld hooggety fier)

Hulle moet verstaan dat God ons so amazing gemaak het, dat ons lyfies sommer vanself begin verander en groei en dat sekere veranderinge of “groei” aan die buitekant raak gesien kan word (soos borste en hare) en dat ander veranderinge of “groei” alles aan die binnekant plaasvind, dalk selfs sonder dat ons enige iets aan die buitekant agterkom.

Hulle moet voorbereid wees op menstruasie en “wet dreams” en emosies en gedagtes rondom die teenoorgestelde geslag – alles normale ontwikkeling.

 Van watter gevare moet jy jou tween bewus maak?

Al is seks en seksualiteit ‘n mooi, normale Godgegewe deel van ons lewens, is daar wel gevare waarvan ons ons kinders bewus moet maak.

Dis belangrik dat

· kinders, moet weet dat seks iets is wat gebeur wanneer albei partye gemaklik is daarmee en toestem daartoe. Dat persoonlike ruimte respekteer moet word en dat dit nooit okay is as jy nie iemand anders se ruimte respekteer of iemand nie jou persoonlike ruimte respekteer nie.

· hulle weet dat seks meer as net fisies is. Dat wanneer ons dit as bloot ‘n fisiese aspek sien, ons eintlik baie skade aan verhoudings, aan ons self en die ander individu kan berokken.

· hulle weet, dat daar seksueel-oordraagbare siektes is.

· hulle weet dat daar wel mense is, vir wie seks nie ‘n Godgegewe mooi is nie, maar wat seks bloot vir die fisiese plesier gebruik en dat sommige van daardie mense, nie sal skroom om iemand fisies of emosioneel seer te maak om daardie plesier te verkry nie.

· hulle bewus gemaak word van die leeuns wat die media en die wereld oor kuishuid, seksualiteit en selfwaarde vertel

· hulle uiters bewus gemaak moet word van die gevare wat die internet/tegnologie inhou rondom alles wat seksueel is. Hulle moet weet dat daar mense is wat al sonder hul wete afgeneem is, dat videos op die internet, soos veldbrande kan versprei en dat jy dit nooit kan afhaal nie, dat daar al mense is wat hul name moes verander en moes trek en oor begin in ander lande/areas agv videos of foto’s wat hul lewens reunieer het.

Hoe berei jy hom/haar voor op dit wat met hul lywe gebeur en die versoekings wat voorle sonder om spoke op te jaag?

Ek dink die grootste geskenk wat jy vir jou kind kan gee, wanneer dit by hierdie onderwerp kom, is akkurate, voldoende informasie.

As jy ‘n sterk, oop verhouding met jou kind het, versterk dit net die geleenthede tot oop en earlike gesprekke; selfs rondom ongemaklike en soms moeilike onderwerpe soos puberteit, seks, seksualiteit en verhoudinge.

Dus sal my eerste stukkie advies hier wees: berei jou kind voor deur om aktief geleenthede te skep om hieroor te praat – moenie wegskram van die onderwerp af, of vrae probeer ontwyk nie.

Verseker jou kind dat alles wat sy/hy gaan ervaar normaal is en deel van God se plan is – dis hoe Hy ons geskape het en daar is niks daarmee fout nie.

Dogters:

Maak iets soos mesntruasie iets om na uit te sien in jou dogter se lewe. Maak ‘n mooi badkamersakkie op met ‘n lekker sepie, ‘n reukwater, ‘n spesiale armbandjie en ‘n pakkie doekies. Wys dit vir haar en verduidelik dat jy nie kan wag om hierdie vir haar te gee nie. Bere dit in jou kas en wanneer sy dit nodig het, is dit klaar reg. Julle twee, as ma en dogter kan dan selfs die aangeleentheid alleen gaan vier met ‘n melkskommel.

Maak ook seker dat sy tydens hierdie fase, ‘n klein houertjie of sakkie in haar tas saam met haar skooltoe vat, vir ingeval sy vir die eerste keer by die skool begin menstrueer. Wys vir haar mooi hoe om die produkte te gebruik.

Seuns:

Seuntjies kan selfs ereksies in utero ervaar, daarom is kanse goed dat jy as ouer allankal voor die puberteitsfase aanbreek, vrae oor sy penis moes beantwoord – hoekom word my penis so groot/hard? is ‘n algemene vraag wat meeste seuntjies vra.

Gee altyd ouderdoms gepaste informasie en bou daarop voort. In die puberteitsfase, is hierdie “harde” penis maw ‘n aanknopingspunt vir die volgende gesprek rakende “wet dreams” waar jou seun in sy slaap ejakuleer. ‘n Pappa kan hier ‘n uiters waardevolle rol speel. Berei jou seun hierop voor, sodat hy nie deurmekaar en onseker wakker word nie. Verduidelik ook hoe hy dit moet hanteer wanneer dit gebeur en dat hy enige tyd met jou kan kom gesels as hy verdere vrae het.

Die internet is vol inligitng rondam ander fisiese veranderinge wat verwag kan word tydens puberteit – ek stel voor dat jy as ouer gaan navorsing doen oor die onderwerp en die inligting op ‘n gepaste tyd aan jou kind deurgee – altyd met die boodskap dat dit normaal is en dat jy daar is om te help. Gee ook waar moontlik advies oor hoe om die verandering te hanteer – bv ekstra sweet wat voorkom by beide seuns en dogters, maak altyd seker dat jy ‘n deodorant in jou tas het skooltoe en dat jy gereeld en behoorlik was.

Moenie die waarde van jou voorbeeld onderskat nie. Ons kinders leer vreeslik baie by ons bloot deur om te observeer. Maak dus seker dat jou voorbeeld, rakende hygiene, verhoudinge, selfbeeld ens die regte boodskappe oordra.

Hê gereeld gesprekke rondom emosies, gedagtes en verhoudinge. Kyk uit vir geleenthede waar jy die onderwerp kan aanraak – as julle saam tv kyk of as hy/sy jou vertel van iets wat sy/hy gehoor of gesien het, knoop die waardes gedeelte van verhoudinge by die gesprek aan. Nooit op ‘n preek of kritiserende manier nie!

Weereens – jou verhouding met jou kind gaan die deurslaggewende rol hier speel. As jou kind weet hy kan met jou oor enige iets kom praat en as sy weet dat jy haar nie gaan Averoordeel of verkleineer nie, as jy die gesprekke oop en eerlik benader, sal julle fine wees.