Dit is dikwels baie moeilik vir ‘n tiener om te erken dat hulle hulp benodig. Hulle probeer dit self oplos of hulle probeer dit weg steek. Dit maak dit baie moeilik vir ouers om te bepaal wanneer hulle tiener werklik professionele hulp benodig en of dit slegs normale gedrag is.

So wat is die tekens waarna ouers moet uitkyk:

  • Beduidende veranderinge in gemoed en gedrag
  • Wys tekens van oormatige bekommernis en stress
  • Onttrekking van familie en vriende
  • “Acting-out” optrede (Dikwels tree tieners op in verskillende maniere om aandag te trek soos om weg te hardloop, seksueel onverantwoordelik of ongepas optrede, dwelm misbruik, alkohol misbruik, deel te neem aan onwettige aktiwiteite, ens)
  • Akademiese prestasie (Jou tiener se akademiese punte het aansienlik geval)
  • Selfbesering
  • Verandering in vriendskap groepe en aktiwiteite
  • Onvanpaste woede
  • Erge irritasie
  • Tekens van depressie (belangstelling verloor in goed wat hulle voorheen geniet het, hartseer, swak eetlus, ensv )
  • Uiterse lae selfbeeld
  • Maak opmerkings soos “Ek wens ek was nie hier nie” of “Niemand sal omgee as ek weg hardloop nie.”

Wat om te doen as jy vermoed jou tiener benodig berading:

Dit is belangrik om te besef dat daar meer is tot jou tiener se “wangedrag”. Die eerste gesprek wat jy met jou tiener het stel die toon van hul houding teenoor terapie. Dit is moontlik dat jou tiener skaam kry om hulp te soek en dit is daarom baie belangrik as ouer om te vermy dat jy gevoelens van skaam en skuld toon. Moet nie bang wees om met jou tiener oor die onderwerp te gesels nie. Praat met hulle en stel aan hulle jou bekommernisse in ‘n liefde volle en kalm manier. Baie keer as jy ‘n tiener moet vra, “Voel hierdie soos iets waarmee ons hulp benodig?”, reageer hulle in ‘n positiewe manier omdat hulle besef dat dit die beste uitkoms is. Jy kan ook iets se soos, “Ek wonder of dit behulpsaam sal wees om iemand te hê om mee te praat behalwe ek”. Daarna kan jy iemand professioneel voorstel.

Berading is onsuksesvol as jou tiener forseer is om met iemand te praat en hulle is nie gereed of gewillig nie. Dit maak die beradingsproses baie moeilike vir ‘n berader of sielkundige omdat hulle net kan help so vêr soos die tiener hulle toelaat.

Berading kan baie behulpsaam wees vir jou tiener nie net vir die groot goed nie maar ook vir die klein goedjies soos stress bestuur, tydsbestuur, die bestuur van emosies en hulle reis van selfontdekking.