Selfsorg

Selfsorg vir beraders, sielkundiges, maatskaplike werkers en terapeute

By |2021-06-01T16:26:45+02:00June 1st, 2021|

Ons as beraders, sielkundiges, maatskaplike werkers en terapeute het een van die grootste voorregte; om saam met iemand deur hul emosies, hul vrese en onsekerhede te werk en te wandel ten einde die lig aan die anderkant van die tonnel saam te ontdek of te kan ontgin, maar dit is ook ‘n ontsaglike verantwoordelikheid. Die gene wat hul lewens aan hierdie beroepe wei sal almal weet – hierdie is ‘n uitputtende roeping. Om daagliks, uur na uur saam met iemand deur hul diepste seer, hul donkerste vrese en hul grootste teleurstellings te werk, eis sy tol.

Paastyd is opoffer-tyd; is jy ‘n Noag?

By |2020-03-11T11:15:48+02:00March 11th, 2020|

Alhoewel Noag se naam nou nog oor vertel word en in die Woord van God vir ewig staan, dink ek nie dit was 5 ster nie. Definitief nie gemaklik nie, hy moes sy gemak opoffer. In Romeine 5 staan daar: “Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarky kweek volharding en volharding kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof kweek hoop”

2019 – My jaar van minder?

By |2019-07-07T12:55:49+02:00January 10th, 2019|

Oppad terug van vakansie af, het ons almal so om die beurt, ‘n bietjie gedeel waaroor ons opgewonde voel vir die jaar wat voorle. Na ek my kans gehad het, vra my man my ‘n baie interessante vraag: “Dit klink alles great, An…maar wat gaan jy hierdie jaar minder doen?”

Ons huwelik en die verskillende fases van die lewe

By |2019-07-07T13:03:18+02:00June 14th, 2017|

Nie net dit nie, maar ons word bombardeer met Facebook-verhoudings. Foto’s van heerlike vakansies, lekker oomblikke saam, oë wat blink en brëe, gelukkige glimlagte, vul sosiale media op ‘n uurlikse basis. Hierdie bombardering skep by meeste mense ‘n totale vals persepsie van hoe huwelike werk en hoe “gelukkig” almal om hulle is. Daar is ‘n algemene tendens tussen meeste mense om hulself, hul verhoudinge en hul lewens te vergelyk met die brokkies inligiting en gedokterde foto’s op sosiale media. Die afleiding of gevolgtrekking wat dan hier gemaak word is dat daar fout is met hulle as paartjie. Die feit dat, dit ‘n split sekonde verg om ‘n foto te neem en dat meeste mense baie maklik, baie fake kan glimlag vir daardie split sekonde, word hoegenaamd nie in ag geneem nie; dis makliker om die valse prentjie wat geskep word as die waarheid te aanvaar.

Tuisbly ma of werkende ma?

By |2019-07-07T13:03:58+02:00April 30th, 2017|

Ek dink nie daar word net op huisvroue neergesien nie. Ek dink ons beweeg in ‘n tyd, waar die teenoorgestelde ook baie waar is. Sommige huisvroue sien maar net so neer op beroepsvroue.

Dit lê werklik swaar op my hart dat ons as vroue moet saamstaan. Dat ons moet ophou om mekaar sleg te maak, te kritiseer, te skinder en neer te kyk op mekaar. Elke vrou het haar eie paadjie wat sy stap, elke vrou het haar eie battles wat sy fight.

Hoe kan JY 2016 die beste jaar ooit maak?

By |2019-07-07T13:05:00+02:00January 25th, 2016|

Die eerste maand van die jaar is al amper verby. Jy kan jou kalender amper al na Februarie omswaai. Dalk het jy nuwejaars voornemens vir jouself gemaak en het jy vol hoop beloftes gemaak dat 2016 die jaar sal wees waarin jy jou drome vervul, gaan reis, kookklasse neem, meer tyd aan jouself bestee, aan jou verhoudings gaan werk of ‘n nuwe stokperdjie beoefen. Dalk het jy die jaar ingestap met geen vooropgestelde idees of voornemens nie. Waar jy ookal op die kontinuum lê, is ek seker jy het hoop dat die jaar wat voorlê vol opwinding, sukses, goeie gesondheid, liefde en vrede sal wees, maar hoeveel beheer het jy nou eintlik oor wat die jaar vir jou inhou?

Anorexia Nervosa en vermydende/beperkende voedseliname versteuring (avoidant/restrictive food intake disorder)

By |2019-07-07T13:05:21+02:00October 20th, 2015|

Hierdie artikel is deel van ‘n reeks artikels wat fokus op die verskillende eetversteurings waaraan individue ly. Die eerste artikel genaamd ‘7 miete en feite: Wanneer ‘n eetversteuring jou insluk…’ was ‘n inleiding tot eetversteurings en het verskillende kwessies soos mietes en feite aangespreek. Die tweede artikel het gefokus op twee unieke eetversteuring wat nie alombekend is nie, maar wat individue wel aan ly: Pica eetversteuring en herkou eetversteuring.

Hierdie artikel sal Anorexia Nervosa en vermydende/beperkte voedselinname eetversteuring beskryf. 

7 mites en feite: Wanneer ‘n eetversteuring jou insluk…

By |2019-07-07T13:06:46+02:00June 15th, 2015|

Eet is belangrik, voedsel hou ons tog aan die lewe. Maar wanneer ‘n individu ‘n versteuring in hulle eetgewoontes ontwikkel kan dit so 'n groot impak hê dat die res van hul funksionering negatief beinvloed sal word. Vir 'n individu wat met 'n eetversteuring worstel, is dit dikwels 'n baie moeilike, eensame pad na herstel.

Go to Top