Verhoudings

Verhoudings verg harde werk

By |2020-01-07T13:03:07+02:00February 19th, 2018|

‘n Verhouding bestaan uit twee diverse indivdue. Elkeen het ‘n unieke stel verwagtinge, unieke lewensuitkyke, unieke behoeftes en agtergronde. My idee van “hoe ‘n vrou behoort te wees en hoe ‘n man behoort te wees” word beinvloed deur my agtergrond, my voorbeelde, my keuses en my ervaringsleer. Al trou twee mense van baie enerse agtergronde met mekaar, is die klein verskille wat daar wel bestaan, steeds meer as voldoende om groot probleme te kan veroorsaak. En nou plaas ons hierdie twee, unieke mense onder een dak en ons sê “wees nou gelukkig” – dit is nie net so eenvoudig nie.

Hoe om meer romanties te wees

By |2019-07-07T13:01:29+02:00February 12th, 2018|

 

Geen twee mense is presies dieselfde nie en daarom is dit ook so dat wat jy as romanties beskou, dalk mag verskil van wat jou vriendin as romanties ag. Dieselfde geld ook vir die verskille in behoeftes en verwagtinge van verskillende verhoudings/paartjies. Ek glo vas dat elke paartjie oor tyd hul eie romanse-definisie vir hul verhouding kan saamstel.

 

Ons huwelik en die verskillende fases van die lewe

By |2019-07-07T13:03:18+02:00June 14th, 2017|

Nie net dit nie, maar ons word bombardeer met Facebook-verhoudings. Foto’s van heerlike vakansies, lekker oomblikke saam, oë wat blink en brëe, gelukkige glimlagte, vul sosiale media op ‘n uurlikse basis. Hierdie bombardering skep by meeste mense ‘n totale vals persepsie van hoe huwelike werk en hoe “gelukkig” almal om hulle is. Daar is ‘n algemene tendens tussen meeste mense om hulself, hul verhoudinge en hul lewens te vergelyk met die brokkies inligiting en gedokterde foto’s op sosiale media. Die afleiding of gevolgtrekking wat dan hier gemaak word is dat daar fout is met hulle as paartjie. Die feit dat, dit ‘n split sekonde verg om ‘n foto te neem en dat meeste mense baie maklik, baie fake kan glimlag vir daardie split sekonde, word hoegenaamd nie in ag geneem nie; dis makliker om die valse prentjie wat geskep word as die waarheid te aanvaar.

Go to Top