Huwelik

Italiaanse Romanse in jou verhouding

By |2019-07-07T12:58:24+02:00November 12th, 2018|

Anri raai paartjies aan om ‘n bietjie bewus te raak van al die klein, alledaagse dingetjies wat hul verhouding uniek maak en om te kies om dit waardevol te ag. ‘n Groot bos rooi rose sal enige meisie se hart laat smelt, maar die klein dingetjies soos koffie in die bed of sagte soentjies op jou voorkop, iemand wat aandagtig na jou luister terwyl hy/sy jou in die oë kyk terwyl jy praat…dis hierdie dinge wat ‘n gevoel van veiligheid en geliefdheid bring. Moet ook nie terughou om jou partner so te bederf nie

Ons huwelik en die verskillende fases van die lewe

By |2019-07-07T13:03:18+02:00June 14th, 2017|

Nie net dit nie, maar ons word bombardeer met Facebook-verhoudings. Foto’s van heerlike vakansies, lekker oomblikke saam, oë wat blink en brëe, gelukkige glimlagte, vul sosiale media op ‘n uurlikse basis. Hierdie bombardering skep by meeste mense ‘n totale vals persepsie van hoe huwelike werk en hoe “gelukkig” almal om hulle is. Daar is ‘n algemene tendens tussen meeste mense om hulself, hul verhoudinge en hul lewens te vergelyk met die brokkies inligiting en gedokterde foto’s op sosiale media. Die afleiding of gevolgtrekking wat dan hier gemaak word is dat daar fout is met hulle as paartjie. Die feit dat, dit ‘n split sekonde verg om ‘n foto te neem en dat meeste mense baie maklik, baie fake kan glimlag vir daardie split sekonde, word hoegenaamd nie in ag geneem nie; dis makliker om die valse prentjie wat geskep word as die waarheid te aanvaar.

Vrygewigheid in die huwelik

By |2019-07-07T12:08:46+02:00December 15th, 2013|

Wanneer ek vrygewig optree, beteken dit ek kan die ander persoon se behoeftes raaksien en ek het n begeerte om in daardie behoeftes te voorsien. Wanneer ek vrygewig optree, beteken dit ek kan my maat eerste stel wanneer dit nodig is. Ek kan probleem areas herdefinieer as eksterne faktore tot ons huwelik; maw ek en jy teen "te min tyd saam" in teenstelling met "jy wat neul en kla en my probeer vasdruk"

Go to Top