Lees ook: Wanneer jou kind afgeknou word

Boelie gedrag onder kinders het aanmerklik toegeneem. Dis nie abnormaal vir kinders om met mekaar lelik te wees nie, maar die mate van geweld wat kinders teenoor mekaar openbaar het toegeneem. Die redes agter kinders wat ander afknou wissel van kinders wat self afgeknou word, tot by kinders met ‘n sterk behoefte aan beheer. Ek is van die opinie dat hierdie gedrag, indien dit korrek aangespreek word, kan verander en dat alle kinders die vermoë het om goeie sosiaale vaardighede te openbaar.

Kinders wat boelie kan vanuit enige agtergrond, ras, klas, ouderdom en geslag kom. Hulle is gewoontlik vinnig om ander te blameer vir hulle gedrag en neem nie verantwoordelikheid nie. Kinders wat ander afknou het gewoontlik die volgende in gemeen:

  • Hulle sukkel met empatie en om ander se gevoelens in ag te neem.
  • In talle gevalle is hierdie kinders self die slagoffers van nalatigheid of geweld (emosioneel, verbaal en fisies). Hierdie geweld geskied gewoontlik binne die kind se gesin, wat dit baie moeilik maak om aan te spreek.
  • Hierdie kinders het gewoontlik swak sosiale en interpersoonlike vaardighede en het ‘n sterk behoefte aan beheer. Hulle is ook kwesbaar tot negatiewe portuurgroepinvloede en raak maklik deel van portuurgroepe wat boelie.
  • Hulle het hoë angs en frustrasie vlakke en sukkel met impuls beheer.
  • Hulle kom gewoontlik uit gesinne uit waar hul ouers geweldadige gedrag goed praat. Hul ouers sukkel om toepaslike grense en dissipliene toe te pas.
  • Sommige kinders kom ook uit geweldadige gesinne waar daar gereelde emosionele, verbale en/of fisiese mishandeling plaasvind.
  • Kinders wat boelie kan ook ouers hê wat geen belangstelling in hul lewens toon nie en swak supervisie toepas.
  • In sommige gevalle (dit gebeur egter nie baie nie) kan kinders aggressiewe gedrag toon as gevolg van psigologiese abnomaliteite soos ADHD of depressie.

Ek hanteer gereeld ouers wat deur onderwysers gebel word met probleme oor hulle kinders. Dit is gewoontlik vir die ouers baie sleg wanneer hulle kinders gereeld in die moeilikheid by die skool is. Sommige ouers voel onmiddelik skuldig en hulle voel dat hulle slegte ouers is. Wanneer die ouers direk geblameer word vir die kind se negatiewe gedrag, neig die ouers om minder positief te reageer. Wanneer die situasie sensitief deur die skool hanteer word en die ouers nie voel dat hulle blameer word nie, reageer hulle gewoontlik beter. Wat is egter toepaslike maniere om hierdie kwessie aan te spreek? 

Die eerste ding wat ek aanbeveel ‘n ouer in die situasie moet doen is om persoonlik met die onderwysers te gaan praat oor presies wat die probleem gedrag is, hoe gereeld dit plaasvind en ook in watter konteks dit plaasvind. Eers wanneer al die inligting bymekaar geplaas word kan ‘n mens vasstel wat werklik aangaan. Ek oordeel nooit ‘n situasie voordat ek nie alle moontlike inligting bymekaar gemaak het nie.

Tweedens beveel ek aan dat daar na die moontlike oorsake van die probleem gedrag gekyk word. Hier is dit hulpvol om die betrokkenheid van ‘n profesionele persoon soos ‘n spelterapeut in te kry. ‘n Spelterapeut kan na al die inligting kyk en ‘n emosionele assessering van die kind doen ten einde vas te stel wat die kind se bekommernisse is en hoe dit bydra tot die problematiese gedrag by die skool.

Derdens beveel ek aan dat hierdie kwessie sensitief met die kinders hanteer word. Die ouers moet dus poog om 'n positiewe gesprek eerder as n “raas sessie” met die kind te hê. Wanneer ‘n kind op ‘n gereelde basis ‘n negatiewe boodskap oor homself kry, word dit later ‘n introjek , maw dit word deel van die kind se idee van wie en wat hy is:  “almal sê dat ek nie ok is nie, dus is ek nie ok nie”. Kinders neig om op te lewe aan die “labels” wat vir hulle gegee word. Dit help nie die situasie om die kind te herhinner daaraan dat hy ontoepaslik optree nie. Ek het al gevind dat ‘n positiewe boodskap beter oorgaan as ‘n negatiewe een, byvoorbeeld “kom ons almal speel mooi met mekaar” ipv “moenie lelik wees nie”.

Dit is belangrik om vir jou kind ‘n veilige en ontspanne atmosfeer te skep om hieroor te gesels. Jy as ‘n ouer moet rustig en kalm wees en geen woede in jou stem hê nie. Hoe kwaater jy is, hoe swakker is die kanse dat jou kind veilig gaan voel om met jou te praat. Praat met jou kind op hulle vlak – hoe jonger jou kind is, hoe belangriker is dit om van konkrete hulpmiddels soos boeke en prentjies gebruik te maak. Begin met jou kind oor nie-bedreigende onderwerpe te praat en beweeg dan meer spesifiek na sy ervaring van skool en maats toe. Wanneer daar redes geidentifiseer word, spreek dit aan. Indien die ouers nie weet hoe om dit aan te spreel nie, betrek n spelterapeut om te help. Indien die ouers sukkel om die redes vir die afknouery te identifiseer, beveel ek ook aan dat ‘n spelterapeut betrek word.

Hoekom is dit belangrik dat boelie gedrag aangespreek word?

Wanneer hierdie gedrag nie aangespeek word nie, sal jou kind groot word met die idee dat geweld reg is. Jou kind sal nooit toepaslike sosiale en interpersoonlike vaardighede leer nie wat kan lei tot sosiale isolasie en onttrekking van ander. Dit kan later in die kind se lewe lei aan die ontwikkeling van erge disfunksionaliteit soos depressie en anti-sosiale persoonlikheidsversteuring (psigopatie). Jou kind se hele volwasse lewe kan negatief beinvloed word as die gedrag nie toepaslik hanteer word nie. Wanneer jy sukkel om inligting te kry, betrek n spelterapeut of kinder sielkundige om te help. Kinders praat soms makliker met iemand wat nie deel is van hul gesin nie. Om te erken dat jou kind hulp nodig het is die eerste stap. Moenie ‘n blinde oog gooi of dink dat hierdie tipe gedrag nie erg is nie.

Jou en die skool se hantering van die situasie kan die kind se toekoms grootliks beinvloed.