1) Ek het iewers gelees of jy nou aan die ontvangkant, of gee-kant, van “the silent treatment” is, dit is baie sleg vir 'n verhouding. Stem jy saam hiermee en hoekom?

Ek stem verseker saam met hierdie stelling. In baie gevalle is stilstuipe 'n manier om 'n ander persoon se gedrag te probeer beheer of te probeer verander. Dit word dus menigmaal as 'n manipulasie tegniek in verhoudings gebruik. In sommige gevalle, voel dit vir die oortreder soos 'n gepaste straf vir iets wat sy/haar lewensmaat nie gedoen of gese het nie, of wel gedoen of gese het.

Alhoewel die “oortreder” kort termyn bevrediging daaruit kan put, is die langtermyn invloed van stilstuipe op 'n verhouding uiters negatief.

Die herhaalde en langdurige gebruik van stilstuipe in verhoudings, lei daartoe dat die ander party (slagoffer) in die verhouding nie die vrymoedigheid het om eerlik te wees oor emosies en of gedagtes nie omdat hy/sy die uitsluiting vrees. Stilstuipe maak dus openhartige en eerlike kommunikasie onmoontlik en sonder effektiewe en gesonde kommunikasie tussen twee mense, is 'n gesonde gebalanseerde en bevredigende verhouding onmoontlik.

2) Is dit mense met 'n spesifieke persoonlikheidstipe of agtergrond wat gewoonlik stilstuipe toepas?

Agtergrond speel versker 'n rol; in my opinie word ons grotendeels “geleer” hoe om situasies te hanteer deur ons ouers of ons versorgers se voorbeelde. So as jy 'n ouer of 'n versorger gehad het wat stilstuipe toegepas het as 'n konflikhanterings meganisme of 'n straf, is kanse goed dat dit erens by jou ook sal deursyfer.   

3) Is stilstuipe 'n vorm van emosionele or verbale misbruik (abuse)?

‘n Mens kry verskillende vlakke van intensiteit as dit by stilstuipe kom. Dit kan strek vanaf 'n koue stemtoon en 'n vermyding van oogkontak tot 'n totale an absolute uitsltuing waar die “oortreder” die “slagoffer” laat voel asof hy of sy hoegenaamd nie meer bestaan nie.

Stilstuipe is verseker 'n vorm van emosionele mishandeling. Stilstuipe is eintlik maar niks anders as “uitwerping/uitsluiting” (ostracism) nie. Slagoffers van uitwerping voel verneder, verwerp, onbelangrik en minderwaardig.   

4) Dink jy ons dink nie ernstig genoeg oor silent treatment nie? (Ons sien dit soms as 'n grap of lawwigheid)

 Dis soms maklik vir buitestaanders om voortestel dat die slagoffer bloot die stilstuipe ignoreer, maar vir die slagoffer is dit soms werklik nie so eenvoudig nie. Fisiese mishandeling laat merke en word baie ernstig opgeneem; emosionele mishandeling aan die anderkant is nie fisies sigbaar nie en die gevolge daarvan word menigmaal onderskat. Wanneer iemand uitwerping ervaar, word dieselfde gedeelte van die brein geaktiveer wat geaktiveer word wanneer 'n persoon fisiese pyn ervaar. Om so intens verwerp te word, ontneem 'n persoon van sommige van 'n mens se mees- fundamentele, basiese behoeftes, soos byvoorbeeld die behoefte om te behoort en aanvaar te word. Verlengede en intense ervaringe van stilstuipe vanaf 'n lewensmaat, kan lei tot woede, sosiale onttrekking, depressie, hopeloosheid, gevoelens van minderwaardigheid, lae selfbeeld en dit alles kan verseker tot selfmoord gedagtes en of dade toe oorgaan. Daarom is dit belangrik om dit baie ernstig op te neem.

5) Watter boodskap word eintlik oorgedra deur stil-behandeling?

Wanneer iemand vir wie jy lief is, iemand wat vir jou van baie waarde is en wat veronderstel is om vir jou ook lief te wees, jou so intens uitsluit of verwerp, word die boodskap baie keer interpreter as – jy is nie meer vir my belangrik nie, ek ag jou nie meer waardig nie. Ek sny jou af en maak jou niks.

6) Is dit dalk 'n manier om te sê “ek het hulp nodig”, om aandag te trek?

Daar is verseker gevalle waar stilstuipe as “die laaste uitweg” gesien en gebruik word en eintlik 'n noodkreed is in 'n verhouding. Stilstuipe is bloot een van baie reaksies wat ons as individue kan kies wanneer ons op 'n maat se gedrag of woorde reageer. Wanneer ons in huweliksberadingsessies na 'n paartjie se vasgestelde patrone van interaksie kyk, is dit een van die eerste reaksies waaroor ons praat. In baie gevalle word minder intense vorme van stilstuipe gebruik bloot omdat die paartjie nie die vermoe het om gesond en effektief oor dinge met mekaar kan praat nie. Of; hul gesprekke gaan nie oor in verandering nie en hul gee moed op. Hul versoeke word nie ernstig opgeneem nie, hul hou aan seerkry in die verhouding en hulle onttrek, om hulself emosioneel veilig te hou.

Let wel, dat die intensie agter hierdie reaksie en volwaardige stilstuipe grootliks verskil.

Om aandag te trek is verseker ook 'n groot rede vir stilstuipe. Ek noem dit sommer sulking. Daar is baie mense wat bitter vinnig “sulk” as dinge nie volgens hulle wense geskied nie en dis bloot net 'n manipulasie metode.

7) Is daar gesondegoeie manier om stilstuipe te hê of om stilte nodig te hê omdat jy tyd wil hê om oor 'n situasie te dink?

O ja verseker. Spreuke sê: “vir die man wat praat sonder om daaroor te dink, is daar minder hoop as vir 'n dwaas “ Dit is baie belangrik, veral as emosies hoog loop, om eers te gaan afkoel voordat mens 'n argument verder neem. Die verskil tussen 'n afkoel periode en stilstuipe, lê in die intensie sowel as in die kimmunikasie van die intensie. Dis belangrik om vir jou lewensmaat te sê: “ek wil graag verder hieroor praat, want ek weet dis belangrik. Gee my asb gou 10 minute sodat ek net myself bietjie agtermekaar kan kry” of iets soortgelyks. Kom dan terug en probeer weer. Op die ouend, praat julle wel daaroor, word daar empatiek geluister met die doel om te verstaan en word oplossings kommunikeer om soortgelyke voorvalle te voorkom. 

8) Is daar enige manier wat die ontvanger so 'n stil situasie kan ontlont? In dieselfde lig: hoe benader ek iemand wat my die stil-behandeling gee?

Dit hang grotendeels af van die situasie en omstandighede rondom die stilstuipe, maar 'n algemene stukkie advies:

In manupilasie gevalle, gaan dit oor beheer. Die “oortreder” wil die beheer in die situasie verkry, deurom jou te ignoreer. Dit werk dan ook baie goed as jy agterna hardloop en alles in jou vermoe doen om weer guns te wen. En dus, versterk mens net hierdie gedrag. 'n voorstel hier is; gaan na jou lewensmaat toe en sê rustig, kalm en opreg: “dit is vir my baie belangrik dat ons hierdie situasie uitsorteer en dit probeer vermy in die toekoms. Ek sal bitter graag rustig met jou hieroor wil praat en wil verstaan hoe jy hieroor dink en voel. Wanneer jy reg is om met my te kom praat, kom soek my asb”. 

BAIE BELANGRIK: dit is dan jou verantwoordelikheid om die uitnodiging daar te hou. Indien jou lewensmaat jou dan nader, moenie terug aanval met 'n “nou dat jy reg is, nou wil jy daaroor praat en jy kan dit maar vergeet “ – reaksie nie. Hou jou kant skoon en hou die groter prentjie ingedagte.

9) Wat is 'n beter oplossing vir stilstuipe?

Gesonde en effektiewe kommunikasie is verseker meer doeltreffend as stilstuipe! Deurom rustig te praat oor wat gebeur het, na mekaar te luister met die doel om mekaar se ervaringe rondom die situasie te verstaan en met oplossings vorendag te kom, maak ons dit aan mekaar duidelik dat ons omgee en dat ons verhouding vir ons belangrik is.