1) Hoe kan ek sorg dat my kind 'n balans het tussen wat ons dink 'n sterk selfbeeld is, maar steeds 'n omgee-karkater behou? (Baie ouers moedig hul kinders aan om 'sterk' te wees, 'n sterk selfbeeld te hê, ens., maar dan word daar vergeet van ander mense in die proses, en boeta of sussa word geleer dat dit oukei is om die eie ek bo ander te stel).

Ek dink dis belangrik hier om te kyk na wat mens as “selfbeeld” definieer. Mens kan sterk wees, selfgesentreerd wees, op die eie ek gefokus wees en n baie goeie selfbeeld hê. Net so kan mens vrygewig, liefdevol en empaties wees en ook n positiewe selfbeeld hê. Die teenoorgestelde is ook waar; selfs die nederigste, mees onbaatsugtige van mense kan n swak selfbeeld hê.

2) Wat is jou definisie van 'n 'sterk/goeie selfbeeld'?

In my opinie is iemand met n sterk-selfbeeld; iemand wat weet wat haar sterk punte is, weet wat die minder-sterk punte is, en nogsteeds tevrede is met haarself. Dus iemand wat haarself aanvaar vir wie sy is en nie deur ander se opinies negatief teenoor haarself beinvloed word nie. In praktyk is hierdie wel moeilik; ons almal ervaar tog dat eksterne opinies van ons soms meer belangrik is as wat ons graag sou wou hê dit moet wees. Dus is dit ons as ouers se plig om ons kinders in staat te stel/te bemagtig om die kritiek van die wêreld, wat tweifel veroorsaak, positief te kan verwerk.

Selfbeeld begin al baie vroeg in n kind se lewe te vorm. Kinders neem die boodskappe van primere versorgers, internaliseer dit en maak dit deel van die eie-ek. Later raak maatjies se boodskappe belangrik asook onderwysers en ander belangrike mense in hul lewens. Op n punt moet hulle wel instaat wees om n eksterne boodkap te neem, op te weeg en dan te kan besluit of hierdie boodskap wel op hulle van toepassing is of nie.

Bv; as n onderwyser op n stadium vir jou kind sê hy sal nie veel bereik in die lewe nie; moet jou kind besluit of hy dit gaan internaliseer as “die waarheid” of dit as “nie van toepassing” gaan kategoriseer. Hier speel ouers natuurlik n kardinale rol!

3) Wat dink jy is die slaggate wat ouers moet vermy wanneer hulle hul kind wil leer om onbaatsugtig te leef?

Om ons kinders te wil leer om te deel, om vrygewig te wees en om ander mense in ag te neem; is n baie goeie eienskap; n Bybelse eienskap…maar wees baie versigig om dit nie te ver te neem nie. Daar is n fyn lyn tussen onbaatsugtig lewe en n vloerlap wees. Indien jy dit afdwing op jou kind, sonder uitsondering, mag jy dalk opeindig met n volwassene wat nie kan “nee” sê nie; iemand wat so gefokus is op wat ander dink en wat ander voel, dat sy haarself totaal verloor in die proses.

Daar moet dus n goeie balns heers tussen onbaatsugtigheid en iemand wat net heeltyd na almal om haar se pype dans ten koste van haarself.

4) Glo jy daar is familie/gesinsprobleme wat ook op so manier opgelos kan word – as ons ons kinders van kleins af leer om 'n sterk selfbeeld te he, maar nie ten koste van ander mense nie – watse probleme kan so uitgeskakel word?

Ek dink dis uiters belangrik om ons kinders te leer om ander in ag te neem. Eertens doen jy jou kind n guns; want die mense wat empaties kan optree, kan fokus op ander se emosies en wat ander mense in ag neem wanneer dit by optredes of besluite kom, is die mense wat erens kom in die wêreld. Dus glo ek dat n gesin waarin n omgee-karakter seevier, n baie meer gelukkige gesin sal wees. Wanneer ons ons gesinslede in ag neem en nie bloot op die eie-ek gefokus is nie, kan ons kompromiee aangaan en kan verhoudings baie meer positief wees as in gesinne waar elkeen net na homself en sy eie belange omsien.

5) Praktiese tips oor hoe ek my kind kan leer om te gee in so 'n selfsugtige wereld?

Wel heel eerstens; wees jy die voorbeeld. Kinders is baie goeie na-apertjies. Hulle doen wat jy doen en nie net wat jy sê nie.

Dus; as jy n omgee karakter in jou kind wil kweek; moet jy n omgee karakter in jouself kweek.

  • Raak betrokke by n liefdadigheidsorganisasie en laat jou kind jou help met die projek. Verduidelik dat daar ander mense is wat nie so bevoorregd soos ons is nie en dat elke mens n verskil kan maak, al is dit hoe klein.
  • Begin al wanneer hulle nog klein is. Neem een pakkie koekies; gee vir jou seuntjie twee en vra hy moet een vir sussie gee, want “ons deel”.
  • Belangrik om empatie in ons kinders te kweek – so wanneer julle n storie saam kyk, let bietjie op die gesigsuitdrukkings van die karakters en sê goesjies soos “siestog, haar hart is nou baie seer”. Dit leer kinders om op te let na ander se emosies.
  • Belangrik om die balans te behou; so maak seker dat daar een of twee speelgoedjies is, goedjies wat ekstra spesiaal is vir jou kind, wat hy nie hoef te deel met maatjies nie. So doende leer jy hom ook om respek vir ander se goed te hê. En da thy erens die streep kan trek.
  • Onthou dat iemand wat bv te vrygewig is met sy tyd en nooit vir ander kan nee sê nie, sy gesin moontlik sal afskeep eendag, homself emosioneel en fisies kan verwaarloos om almal om hom tevrede te stel.

Jy moet na jouself ook kyk om sodoende iets vir ander te kan beteken.

Lees ook – Die belangrikheid van ‘n goeie selfbeeld in kinders deur Lausanne Hugo

Anri van den Berg Google Icon  Follow Anri van den Berg