Share This Workshop

R2500 per persoon of
R3500 per paartjie
26 en 27 Augustus

Retrieving course detail
Please wait …

Ons as mense verskil. Ons manier van kyk na die wêreld om ons, ons idees, ons motiverings en ons lewensuitkyke is uniek en eie aan ons.

Al maak ons verskille juis deel uit van dít wat ons uniek en spesiaal maak, kan dit groot onsekerheid en konflik veroorsaak, nie net in gesinsverhoudinge nie, maar ook tussen vriende en werkskollegas.

Die Enneagram is ‘n hulpmiddel wat ons toerus om onsself en ander beter te verstaan en kan ons leer om onsself en ander op ‘n dieper vlak te waardeer en sodoende ‘n meer voluit lewe te kan lei. Ons kan ook ‘n beter begrip kry van dinge wat bydra daartoe dat uitdagings en irritasies in ons verhoudings ontstaan.

Ons kan nie die mense om ons verander nie, maar ons kan wel as individue groei en sodoende leer om verskeie situasies met meer insig te hanteer.

Wanneer dit by verhoudingsuitdagings kom, is ‘n gebrek aan selfkennis juis een van die groot bydraende faktore.

Kursusbeskrywing:

Die Enneagram is ‘n persoonlikheidstipe-sisteem wat ‘n dieper begrip en insig in onsself en ander bied. Dit identifiseer nege basiese persoonlikheidstipes, elkeen met sy eie unieke eienskappe, denkpatrone, emosies en motiverings.

Deur middel van ‘n reeks oop, verkennende-gesprekke; eie aan die Narratiewe Tradisie wat ons onderskryf, kry die verskeidenheid Enneagram-tipes behoorlik lewe.

In hierdie werkswinkel word jy genooi om:

  • Jou Enneagram-tipe te ontdek en te verstaan hoe jy in die wêreld verskyn en wat jou motiveer.
  • Dieper in die nege verskillende tipes te delf en jou motivering, fokus van aandag, emosionele gewoontes, sterkpunte, en verhoudingsuitdagings van nader te ontdek.
  • Ervarings te deel en van mekaar te leer.