2019 - My jaar van minder?

2019 - My jaar van minder?
Oppad terug van vakansie af, het ons almal so om die beurt, ‘n bietjie gedeel waaroor ons opgewonde voel vir die jaar wat voorle. Na ek my kans gehad het, vra my man my ‘n baie interessante vraag: “Dit klink alles great, An…maar wat gaan jy hierdie jaar minder doen?”

Verhoudings verg harde werk

  • 19 February 2018
  • Author: Anri Account
  • Number of views: 2145
  • - Comments
Verhoudings verg harde werk
‘n Verhouding bestaan uit twee diverse indivdue. Elkeen het ‘n unieke stel verwagtinge, unieke lewensuitkyke, unieke behoeftes en agtergronde. My idee van “hoe ‘n vrou behoort te wees en hoe ‘n man behoort te wees” word beinvloed deur my agtergrond, my voorbeelde, my keuses en my ervaringsleer. Al trou twee mense van baie enerse agtergronde met mekaar, is die klein verskille wat daar wel bestaan, steeds meer as voldoende om groot probleme te kan veroorsaak. En nou plaas ons hierdie twee, unieke mense onder een dak en ons sê “wees nou gelukkig” – dit is nie net so eenvoudig nie.

Ons huwelik en die verskillende fases van die lewe

  • 14 June 2017
  • Author: Anri Account
  • Number of views: 2733
  • - Comments
Ons huwelik en die verskillende fases van die lewe
Nie net dit nie, maar ons word bombardeer met Facebook-verhoudings. Foto’s van heerlike vakansies, lekker oomblikke saam, oë wat blink en brëe, gelukkige glimlagte, vul sosiale media op ‘n uurlikse basis. Hierdie bombardering skep by meeste mense ‘n totale vals persepsie van hoe huwelike werk en hoe “gelukkig” almal om hulle is. Daar is ‘n algemene tendens tussen meeste mense om hulself, hul verhoudinge en hul lewens te vergelyk met die brokkies inligiting en gedokterde foto’s op sosiale media. Die afleiding of gevolgtrekking wat dan hier gemaak word is dat daar fout is met hulle as paartjie. Die feit dat, dit ‘n split sekonde verg om ‘n foto te neem en dat meeste mense baie maklik, baie fake kan glimlag vir daardie split sekonde, word hoegenaamd nie in ag geneem nie; dis makliker om die valse prentjie wat geskep word as die waarheid te aanvaar.

Tuisbly ma of werkende ma?

Vir Huisgenoot April 2017

  • 30 April 2017
  • Author: Anri Account
  • Number of views: 2621
  • - Comments
Tuisbly ma of werkende ma?
Ek dink nie daar word net op huisvroue neergesien nie. Ek dink ons beweeg in ‘n tyd, waar die teenoorgestelde ook baie waar is. Sommige huisvroue sien maar net so neer op beroepsvroue.

Dit lê werklik swaar op my hart dat ons as vroue moet saamstaan. Dat ons moet ophou om mekaar sleg te maak, te kritiseer, te skinder en neer te kyk op mekaar. Elke vrou het haar eie paadjie wat sy stap, elke vrou het haar eie battles wat sy fight.

In 'n nuwe verhouding maar ek hunker en verlang na my eks

In 'n nuwe verhouding maar ek hunker en verlang na my eks

Verhoudings is nie altyd maklik nie... en om op te breek is soms bitter swaar; veral as dit 'n langtermyn verhouding was. Al wil sommige van ons dit dalk graag ontken, is dit tog maar 'n proses om deur dinge te werk en te kan aanbeweeg. In hierdie artikel, beantwoord ek 'n paar vrae rondom verhoudinge en ekse.

Wat is liefde? Hoe om jou lewensmaat beter te verstaan

  • 28 December 2016
  • Author: Lausanne Hugo
  • Number of views: 65703
  • - Comments
Wat is liefde? Hoe om jou lewensmaat beter te verstaan
Liefde is een van die sterkste emosies wat ons as mense kan ervaar. Maar wat is liefde? Daar is ‘n groot aantal boeke wat liefde definieer en vir ons voorskryf hoe dit moet werk. Die probleem is egter dat niemand anders liefde soos jy sal voel nie. 

Hoe kan JY 2016 die beste jaar ooit maak?

Hoe kan JY 2016 die beste jaar ooit maak?
Die eerste maand van die jaar is al amper verby. Jy kan jou kalender amper al na Februarie omswaai. Dalk het jy nuwejaars voornemens vir jouself gemaak en het jy vol hoop beloftes gemaak dat 2016 die jaar sal wees waarin jy jou drome vervul, gaan reis, kookklasse neem, meer tyd aan jouself bestee, aan jou verhoudings gaan werk of ‘n nuwe stokperdjie beoefen. Dalk het jy die jaar ingestap met geen vooropgestelde idees of voornemens nie. Waar jy ookal op die kontinuum lê, is ek seker jy het hoop dat die jaar wat voorlê vol opwinding, sukses, goeie gesondheid, liefde en vrede sal wees, maar hoeveel beheer het jy nou eintlik oor wat die jaar vir jou inhou?

Anorexia Nervosa en vermydende/beperkende voedseliname versteuring (avoidant/restrictive food intake disorder)

Anorexia Nervosa en vermydende/beperkende voedseliname versteuring (avoidant/restrictive food intake disorder)

Hierdie artikel is deel van ‘n reeks artikels wat fokus op die verskillende eetversteurings waaraan individue ly. Die eerste artikel genaamd ‘7 miete en feite: Wanneer ‘n eetversteuring jou insluk...’ was ‘n inleiding tot eetversteurings en het verskillende kwessies soos mietes en feite aangespreek. Die tweede artikel het gefokus op twee unieke eetversteuring wat nie alombekend is nie, maar wat individue wel aan ly: Pica eetversteuring en herkou eetversteuring.

Hierdie artikel sal Anorexia Nervosa en vermydende/beperkte voedselinname eetversteuring beskryf. 

Pica en Ruminasie(herkou) – eetversteurings

Pica en Ruminasie(herkou) – eetversteurings
Die term PICA kom van die Latynse woord ‘magpie’ af.  Magpie is ‘n Europese voël (amper soos ‘n kraai), wat bekend is vir sy onoordeelkundige eetlus van eienaardige voorwerpe, die voël eet omtrent enigeiets.  Vandag word die term Pica gebruik om individue met `n kompulsiewe behoefte om te eet, te kou, of te lek, aan nie-voedselitems soos byvoorbeeld grond, kryt of verf, ens te beskryf en te diagnoseer.

7 mites en feite: Wanneer ‘n eetversteuring jou insluk...

7 mites en feite: Wanneer ‘n eetversteuring jou insluk...
Eet is belangrik, voedsel hou ons tog aan die lewe. Maar wanneer ‘n individu ‘n versteuring in hulle eetgewoontes ontwikkel kan dit so 'n groot impak hê dat die res van hul funksionering negatief beinvloed sal word. Vir 'n individu wat met 'n eetversteuring worstel, is dit dikwels 'n baie moeilike, eensame pad na herstel.
RSS

Search

Workshops

Upcoming events Events RSSiCalendar export

New article email