Met sterretjies in julle oë het julle trou aan mekaar beloof, met die sekere wete dat julle huwelik anders gaan wees, anders as al die chaos en kakofonie wat rondom julle in soveel huwelike seevier…Maar realiteit het jul albei soos ‘n pap snoek deur die gesig getref, heeltemal omkant gevang, en die sterretjies, die opgewondenheid, die positiwiteit, die verliefdheid…die sekere wetes…alles is bloot ‘n vae herhinnering… Dit voel amper of daardie twee mense nooit bestaan het nie, wel; beslis nie op hierdie stadium êrens te vinde is nie.

Jy voel jy het al alles probeer, maar tevergeefs. En logika sê vir jou; as julle dit nie kan maak werk nie, wat is die kans dat ‘n buitestaander; iemand wat nie in julle verhouding is nie, ‘n verskil kan maak…? Is huweliksberading werklik die moeite werd?

As dit enigsens help – julle is nie alleen nie; JY is nie alleen nie. Die oorgrote meerderheid verhoudings begin so, sprokies mooi, maar onrealistiese verwagtinge, swak kommunikasie, behoeftes wat nie bevredig word nie – eis bitter vining hul tol. Ons as mense is behoefte gedrewe wesens – alles in ons bestaan wentel rondom behoeftes, emosionele behoeftes, kognitiewe behoeftes, sosiale behoeftes, finansiele-, fisiese-, spiritueel…noem dit maar op. As ons na ‘n huweliksmaat gaan soek, is ons ingestel op tot watter mate hierdie persoon my behoeftes voldoende sal kan bevredig. As ‘n persoon al my boksies “tick”, maw in my behoeftes voldoen, is hy ‘n goeie/moontlike keuse.

Verliefdheid speel natuurlik ‘n massiewe rol in ons keuse van ‘n lewensmaat. Ons is gemaak vir mekaar, niemand kom naby aan jou nie, jy is meer as gewillig en instaat om te wees presies wie ek nodig het – iemand wat in my behoeftes voldoen… Maar soos ons huwelik aanstap, gly hierdie bril van verliefdheid stadig maar seker van my neus af en ek begin foutjies raaksien, daar is goedjies wat krap, die oulike, cute goedjies wat deel was van jou menswees; begin nou stadig maar seker verander in irritasies…En ek begin al hoe meer agterkom, dat jy nie my behoeftes voldoende bevredig nie – ek kry nie wat ek soek nie.

Sien, die probleem is; net soos jy ‘n individu is met ‘n stel behoeftes en verwagtinge, so is jou lewensmaat ‘n totaal unieke wese, met ‘n unieke stel verwagtinge en behoeftes, wat ook met sekerheid “geweet” het dat jy sy/haar behoeftes sal en wil bevredig soos en wanneer hulle opduik, iemand wat nou totaal ontnugter soek na die mense met die sterretjies in hul oë…

Maar…daar is verseker hoop. As jul albei hierdie huwelik wil red en wil omskep in die verhouding wat jul albei ingedagte gehad het toe julle voor die kansel gestaan het, kan huweliksberading van groot waarde wees.

My rol as huweliksberader is nie om te oordeel nie, nie om jou te laat skuldig voel nie, nie om te kritiseer nie… ook BAIE beslis nie om net te “mmm” en te “aaaa” nie, maar wel om vir julle praktiese toepasbare gereedskap aan te leer waarmee julle julle verhouding positief en effektief kan bestuur; kan omdraai en in ‘n riging kan instuur wat vir julle albei opgewonde maak!

Deur die toepassing en die gebruik van hierdie “gereedskap”, word jou huwelik liefde in aksie; as ek presies weet wat dit is wat jou emosionele emmer volmaak, is ek mos bemagtig om my bydra te lewer en jou behoeftes te bevredig, as ek aan jou kan verduidelik wat my emmer sal volmaak, as ons dit saam kan ontdek deur die beradingsproses, is die kuese mos ons sin, gaan ons dit toepas…?

Ek gebruik graag Imago – beginsels tydens my beradingsessies, juis oor die praktiese-toepasbaarheid van hierdie benadering. Een van die groot voordele van Imago, is die fantastiese kommunikasie metodes wat dit bied. In my ervaring, baie keer, as mens bloot ‘n paartjie se kommunikasie metodes verbeter en effektief kry, kan mens die hele verhouding verander!

Kan huweliksberading jou en jou lewensmaat tot voordeel wees; baie beslis ja. Anders het ek sonder werk gesit – Lees meer oor ons huweliksberadings dienste in Pretoria