1)      Hoe bou ‘n mens die 'beste' huwelik?

Deur n persoon te kies wat dieselfde denkwyse as jy het, wat dieselfde verwagting van hierdie verhouding het as jy. Deur saam te werk om julle verhouding rein te hou en alles in jul vermoe te doen om te baklei vir hierdie verhouding. Deur om die tyd en die moeite in te sit wat vereis word as mens enige iets van waarde wil bereik.

Die beste huwelik is nie gebasseer op groot goed nie, maar op die alledaagse, klein dingetjies wat die lewe saam met hierdie persoon die moeite werd maak. Daar is n gesegde wat lui; “Life is a journey, enjoy the ride” en hierdie is vir my veral van toepassing op verhoudings/huwelike; besef dat die perfekte; foutlose huwelik as eindbestemming uiters moeilik haalbaar is, maar dat dit in die daaglikse reis is wat mens met mekaar deel, wat die waarde en die groei en die “lewe” le. Dus; indien jou huwelik nie tans as “gelukkig” beskryf kan word nie, besluit om dingetjies te gaan soek wat julle saam kan aanpak op hierdie tog, wat hierdie reis vir beide van julle lekker sal maak…dis n goeie begin.

2)      Wat is die “pitfalls” van die moderne huwelik en wat kan hierdie “pitfalls” aan 'n huwelik doen?

Dinge soos Facebook, BBM, TV, werk en/of finansiele gewin, vriende en/of familie kan n baie groot invloed op n mens se huwelik he. Ongelukkig is die potensiaal vir negatiewe invloed hier; groot. Ons is so gepla met al ons honderde “vriende” op Facebook, dat ons huweliksmaat se belange tweede gestel word. Ons weet presies wat in ons gunsteling sepie aangaan, maar het nie n idee hoe ons man/vrou se dag by die werkverloop het nie.

Die opinie van vriende en/of familie word baie keer as prioriteit beskou en wat vir ons maat belangrik is, word afgelag of misgekyk. Dis vir ons belangriker om n duur motor te ry en in n kasarm van n huis te bly as om n gesonde huwelik te he; en dikwels kry ons hierdie finansiele gewin; juis ten koste van n gesonde en bevredigende verhouding. Eksterne faktore soos hierdie het n groot invloed, maar jy kan kies of jy die invloed gaan toelaat of nie.

 

3)      Hoe oorkom of vermy 'n mens die pitfalls? 

·         Maak gereeld tyd vir mekaar – ek raai paartjies aan om tenminste eenkeer per week n minimum van n uur en half alleen saam te spandeer; geen tv, geen kinders, geen verpligtinge. Tydens hierdie alleen-wees-sessie, maak ook tyd om net te gesels oor julle.  Nie oor al die aanhangsels in die vorm van werk, vriende, familie en/of verandwoordelikhede nie, maar oor julle. Natuurlik is dit belangrik om oor al hierdie aspekte van ons lewens met mekaar te gesels, maar vind ook uit wat is jou maat se drome en vrese. Wat is dit waarvoor sy/hy hoop…Leer ken mekaar weer op n dieper vlak.

·         Raak kreatief en dink aan lekker dinge om saam te doen. Wanneer dit vir ons lekker is om tyd saam te spandeer, wanneer ons saam kan lag en kan pret he, sommer net kan laf wees; word daaar n baie sterk en hegte band tussen man en vrou gevorm.

·         Besef dat n gesonde en bevredigende verhouding, twee gelukkige en tevrede individue vereis, so kyk daagliks uit vir kleindingetjies wat jy kan doen om vir jou maat te wys sy/hy is vir jou belangrik.

As mens vir n rukkie getroud is, verval ons in  baie tipiese patrone van interaksie, waar ons meer soos besigheidsvennote met mekaar omgaan as mense wat hul diepste menswees met mekaar deel. Ons gesels oor wie vat die hond veearts toe, wie se beurt is dit om die skottelgoed te was, wie vat die kinders musiekles toe, wat die naweek op die agenda is…ons lewe ast ware verby mekaar. Wanneer die kinders dan uit die huis is,  kom ons met n skok agter ons ken nie werklik die persoon met wie ons getrou het nie, ons het nie meer veel ingemeen nie…ons het mekaar erens langs die pad verloor.

 

4) Hoe gemaak in konfliksiltuasies, sonder om na die eerste erge konfliksituasie sommer net handdoek in te gooi? 

Ek dink hier is dit belangrik om te onthou dat konfliksituasies in n huwelik n gegewe is en heeltemal normaal is. Die gedagte dat “ons vir altyd gelukkig gaan saam wees” is n totale illusie; julle gaan op die een of ander stadium van mekaar verskil maar wanneer dit gebeur is dit die “hoe” n mens verskil wat uiters belangrik is. 

Die  noodsaaklikste komponent hier is gesonde en effektiewe kommunikasie.

Wanneer jy van jou maat verskil, maak baie seker dat die boodskap wat jy probeer oordra nie aanvallend oorkom nie. Begin dus jou sin met iets soos “ek dink, ek voel of ek ervaar”.

Wanneer dit vir ons voel of ons aangeval word, sluit ons in n groot mate af en fokus ons op die geringste foutjie wat die ander party maak, ons wag net vir die geleentheid om ons eie aanval te loods. Wanneer die ander party dit egter duidelik maak dat dit n subjektiewe ervaring is wat gedeel word, is dit baie makliker om waarlik te luister na wat gese word.

Wanneer ons kommunikasie herdefinieer as “LUISTER met die doel om te verstaan”, en hierdie definisie aktief probeer toepas in ons huwelike/verhoudings, is dit werklik moontlik om selfs die grootste konflik situasies op te los.

Baie belangrik, wanneer jy praat is my werk om te luister; nie om jou in die rede te val of van jou te verskil nie. Luister dus eers klaar en probeer waarlik die diepere beteknisse in jou maat se woorde raak te hoor. 

Tweedens moet ons probeer om die situasie waaroor ons vassit te eksternaliseer. Wat ek hiermee bedoel is; eerder as om te baklei oor “jy wat alweer laat is”, herverwoord dit na “ek het n behoefte aan meer tyd saam met jou”. Op hierdie manier, kommunikeer mens die onderliggende behoefte eerder as om weereens aan te val. Paartjies kan dan saamwerk om n oplossing vir hierdie situasie te probeer vind. Maw huweliksmaats staan saam en probeer saamwerk om in mekaar se behoeftes te voldoen.

 

5) Wat moet mens in gedagte hou voordat jy 'JA' sê? 

Onthou en wees voorbereid op die feit dat verliefdheid verby gaan. Ek wil amper so ver gaan as om te se verliefdheid is n toestand waaraan ons uitgelewer is; alles is perfek, niks sal ooit fout gaan in ons huwelik nie, ons is 100{97fa4f7e3f90de63208dbf923bf7383c3bb584adf96b64fde63584d1e00110d6} vir mekaar bedoel…ons almal ken daardie gevoel.

Liefde aan die anderkant, is n keuse. Liefde is n werkwoord. Liefde is n “gee-ingesteldheid”. Liefde is soms baie harde werk!

Weereens; daar gaan slegte tye wees, daar gaan moontlik tye wees waar jy voel asof jy die grootste fout onder die son gemaak het om met hierdie spesifieke persoon te trou…Dis juis dan wanneer die keuse van liefwees so moeilik is, maar so uiters belangrik is. 

Onthou dat elkeen van ons uniek-geskape is. Ons het ons eie verwagtinge van hoe hierdie verhouding gaan wees en van wat elkeen se afsonderlike rol in die huwelik gaan wees. Baie keer kom paartjies egter met n skok agter dat hierdie afsonderlike verwagtinge tot groot mates verskil…dis dan hier waar goeie en effektiewe kommunikasie weer baie handig inkom! 

Hou in gedagte dat jou huweliksmaat maar ook net mens is en dat hy/sy gaan fouteer op die een of ander stadium. Jou huweliksmaat gaan jou op n punt teleurstel, jou seermaak, jou onbelangrik laat voel…dis hier weereens belangrik hoe hierdie insidente hanteer word. Ek sou voorstel dat elke paartjie wat daaraan dink om verloof te raak/ te trou, ‘n voorhuwelikse beradingskursus saam voltooi. Jy leer soveel van jouself en van jou maat, jy leer praktiese toepasbare vaardigehde aan om hierdie tiepe situasies doeltreffend te hanteer.


 

6) Hoekom dink jy hou die gemiddelde huwelik nie meer as 'n paar jaar nie, want dit voel vir my of mense so maklik en na so min probeerslae, sommer net skei? 

In my opinie is die grootste rede hiervoor die feit dat egskeiding as n maklike en aanvaarbare oplossing vir huweliksprobleme gesien word. Mens trou amper ast ware met die agterdeur van egskeiding wawyd oop. Baie paartjies trou, ongelukkig, met n “kom ons sien hoe dit gaan”- houding eerder as met ware “commitment” ingedagte. 

Nog n rede is onrealistiese verwagtinge. In my ervaring as huweliksberader, was baie paartjies totaal onvoorbereid op die eise wat getroude lewe stel! Hul verwagtinge en realiteit is totaal teenstrydig met mekaar. Bitter min pasgetroudes besef dat n gelukkige huwelik harde werk vereis. Hul verwagtinge is gebasseer op die eenvoud en simplisiteit van verliefdheid…wanneer realiteit dan inskop; is hul totaal ontnugter en voel hul soms of hul gekul is op die een of ander manier…die persoon met wie hul gedink het hul trou…bestaan nie meer nie…en dan is dit te verstane dat baie die egskeiding roete neem. Probleem is, in die oorgrote meerderheid van gevalle, duik die presiese selfde situasie in huwelik nommer twee, drie en vier ook op…

 

7) Is daar iets soos 'n semi-gelukkige huwelik en wat behels dit? Kan mens dit verhoed? As jy eers in so 'n semigelukkige huwelik is – kan jy weer daaruit kom en hoe? 

Daar bestaan na my mening, baie beslus iets soos n semi-gelukkige huwelik. So n huwelik is een waar beide of albei partye ooreenkom om maar bymekaar te bly “vir die kinders se onthalwe” of omdat hul egskeiding as onaanvaarbaar sien, dalk omdat hul bang is wat ander van hulle gaan dink; wat okal die rede, so n huwelik is een waarin paartjies as twee afsonderlike individue saam onder een dak “co-exist”, maar nie werklik n lewe saam deel nie.

Dit kan verseker verhoed word deur om jou behoeftes vroegtydig te kommunikeer aan jou maat. Verhoudings is behoefde gedrewe, en as jy net elke klein dingetjie wat pla onder die mat invee, wag groot moeilikheid op julle. Deel jou frustrasies en ongelukkighede op n gesonde en effektiewe manier, luister na jou maat se versoeke en kies om daagliks liefde in aksie te wees, eerder as om net te wil ontvang.

Indien jy reeds in so n huwelik vasgevang is – jy/julle kan dit verander. Die enigste ding wat jy kan beheer in die situasie is jou aandeel, jou ingesteldheid.So let bietjie op waar jy n verskil kan maak, waar jy jou maat belangrik kan laat voel, kan wys jy gee om…

Begin deur anders te dink oor jou huwelik; wat is die karrakter eienskappe van die ideale verhouding tussen twee mense, en begin doelgerig en aktief werk om daardie eienskappe in jul verhouding te vestig.

Ek sou beslis aanbeveel om n verhoudingswerkswinkel saam by te woon wanneer julle hierdie keuse gemaak het om nuwe lewe in jul verhouding in te blaas!