Jy kan maar vir enige ouer vra; daar is geweldige druk op kinders om te presteer; veral op hoërskool. Of dit nou akademies, op sport gebied, kultuur of wat ook al is. Kinders ervaar na my mening heeltemal te veel druk – terwyl hul eintlik nog net kinders moet wees. Sommige kinders word onder druk geplaas deur hul ouers, ander sit die druk op hulself. Al ooit gewonder of jou kind se stress-reaksie te danke is aan wat die samelewing voorskryf dit moet wees of wat maak dat jou kind op ‘n sekere manier teenoor stress reageer?
Jou kind se temperament kan jou help om die bogenoemde vrae te beantwoord.

Temperament is iets waamee jy gebore word – dit is hoe jy is (alhoewel dit nooit ‘n verskoning vir slegte gedrag kan wees nie). Dit laat jou op ‘n sekere manier dink en reageer en bepaal dus ook baie keer die manier waarop jy stress hanteer. Daar is vier verskillende tipes temperamente en gewoonlik het jy ‘n kombinasie van een of twee van die verskillende temperamente se karaktereienskappe.

Die vier hoofgroepe is bestaan uit die sanguine, die flegmaat, die choleriese temperament en die melanchool. Verskillende temperamente het verskillende behoeftes en waardes en daarom reageer mense ook verskillend op stress.

1. Die Sanguine is lief vir mense en hou daarvan om pret te hê. Hul geniet dit om die middelpunt van aandag te wees en kan soms ongeorganiseed wees. Hul emosionele behoeftes is dus mens-georienteerd – hul hou van aandag, aanvaarding en wil graag ander gelukkig hou.
Hul reaksie op stress is om iets prets te doen en met ander te gaan sosialiseer. Hulle sal ook maklik verskonings uitdink en ander blameer. 

 

2. Die melanchool is die outjies wat hou van rustigheid, stabiliteit, spasie en stilte. Hul is gewoonlik begaafd en geniet dit om hoë standaarde vir hulself te stel. So ‘n kind is gewoonlik sensitief en is meer geneig tot spanning en angs as die ander temperamente.
Hul reaksie op stress is om te onttrek, te dink hul is nie goed genoeg nie, eerder ‘n boek te vat en dit lees, die probleem te oordink of om depressief te word.

 

3. Die choleriese temperamet hou van uitdagings en hou daarvan om dinge te bereik. Hul wil graag wen en eerste wees. Hulle is “It’s my way or the highway” tipe kinders. Hul het ‘n groot behoefte aan erkenning vir dit wat hul bereik het en het nodig om te hoor dat hul goed is.
Hul reaksie op stress is om slegs harder te werk, te oefen en selfs meer beheer toe te pas oor hul lewens. Hul sal selfs soms so ver gaan as om ander te na te kom sodat hul weer bo kan uit kom.

 

4. Die flegmaat het ‘n rustige persoonlikheid en hou van vrede. Hul is maklike mense en hou nie van konflik nie. Hul is baie lojaal en hou daarvan om gerespekteerd te voel en te voel dat ander hulle verstaan.
Hul reaksie op stress is om weg te kruip van die probleem, TV te kyk of om te eet.

 

Om jou kind se temperament beter te verstaan, mag jou help om jou kind se stress reaksie beter te verstaan. So kan jy jou kind help deur vir hul bv spasie te gee indien hul dit nodig het of hulle te help verstaan hoekom hul op sekere maniere op tree wanneer hul stress ervaar.

Wanneer moet jy as ouer bekommerd wees oor jou kind se spannings vlakke?
Alle mense het ‘n sekere vlak van stress of uitdagings nodig om optimaal te kan funksioneer. Sonder enige uitdagings gaan niemand hul volle potensiaal besef en bereik nie. Party kinders kan egter stress beter hanteer as ander. Die melancholiese tipe kind meer geneig om angstig te word wanneer hul stress ervaar. Alledaagse uitdagings soos om skool toe te gaan, ‘n mondeling te praat of ‘n toets te skryf kan hierdie tipe kinders onder geweldige spanning plaas terwyl die choleriese kinders dit met gemak kan hanteer. Die sleutel lê dus daarin om jou kind goed genoeg te ken om te weet wat vir hom of haar “normale” spanning is en wanneer jy as ouer bekommerd moet wees.

Gevaar tekens waarvoor ouers kan uitkyk:

  • Jou tiener se spannings vlakke is so hoog dat dit sy/haar daaglikse funksionering beinvloed
  • Toon angstige gedrag bv. Begin naels kou, gereeld naar voel, of ander fisiese simptome toon
  • Jou tiener begin angs aanvalle kry
  • Probleme met eet en slaap
  • Hoogs geiriteerd
  • Irasionele vrese oor minder belangrike dinge

 

Hoe kan jy as ouer help? 

  • Help jou tiener om ‘n gesonde lewenstyl te handhaaf – eet gesond en oefen gereeld
  • Help jou tiener om ‘n goeie balans te handaaf tussen akademie, buitemuurse aktiwiteite en ontspannings tyd
  • Doen yoga klasse
  • Maak seker jou kind kry genoeg slaap in
  • Identifiseer die stressors en prioritiseer dit
  • Doen asemhalingsoefeninge

Spanning en angs kan ‘n destruktiewe effek op ‘n tiener se emosionele gesondheid hê en kan selfs lei to angs versteurings. Indien jy as ouer bekommerd is dat jou kind ‘n angs versteuring ontwikkel is dit beter om professionele hulp in te kry sodat hy of sy die regte hulp ontvang.