BELLA het met Anri van den Berg, ‘n verhoudings- en traumaberader by Vita Nova Beradingsentrum in Elarduspark, Pretoria gesels oor die realistiese en soms onrealistiese verwagtinge wat ons het wanneer dit kom by romanse.

Anri waarsku elke BELLA couple om te waak daarteen om te veel te maak van die idee van hollywood romanse. “Ons word absoluut gekondisioneer om te dink dat romanse altyd spectaculour, groot en wow moet wees.” Natuurlik is daar niks fout met ‘n wow-faktor nie, maar Anri glo die romanse-in-die-alledaagse is waaraan ‘n Bella meer aandag behoort te gee. Sy moedig elke Bella girl aan om bietjie te gaan nadink oor haar eie definisie van liefde. “Dit is baie maklik om Liefde as ‘n gevoel te gaan definieer, maar ‘n gevoel is iets wat kan kom en kan gaan “ sê Anri. “Gaan lees ‘n bietje Korintiërs 13. Wanneer ons kies om liefde as ‘n werkwoord te definieer, soms ten spyte van hoe ons voel…dis dan wanneer magic ontstaan. Liefde is ‘n ingesteldheid van gee en nie van ontvang nie, as hierdie ingesteldheid van beide kante af kom is dit ‘n wenresep vir ‘n gesonde verhouding.”

Wanneer ons verwagtinge ongesond en onrealisties is word ons uit die aard van die saak ook baie makliker teleurgestel en dis moeilik om iemand geliefd te laat voel as die eise en die verwagtinge so hoog is.

Anri glo dit sal elke Bella couple baad om bietjie te gaan oplees oor hul individuele liefdestale.

Gary Chapman meen daar is 5 tale van die liefde;

·         Woorde,

·         Dade,

·         Kwaliteit – Tyd,

·         Geskenke en

·         Fisiese aanraking.

Wanneer ons meer insig het rondom wat ons partners geliefd laat voel, raak die romanse en die liefde-in-aksie soveel makliker.

Anri raai paartjies aan om ‘n bietjie bewus te raak van al die klein, alledaagse dingetjies wat hul verhouding uniek maak en om te kies om dit waardevol te ag. ‘n Groot bos rooi rose sal enige meisie se hart laat smelt, maar die klein dingetjies soos koffie in die bed of sagte soentjies op jou voorkop, iemand wat aandagtig na jou luister terwyl hy/sy jou in die oë kyk terwyl jy praat…dis hierdie dinge wat ‘n gevoel van veiligheid en geliefdheid bring. Moet ook nie terughou om jou partner so te bederf nie.

“Al is onvoorwaardelike liefde ‘n keuse en die basis van enige gesonde verhouding, is romanse steeds ‘n belangrike komponent,” sê Anri. “Romanse is wel meer gevoel-gedrewe, maar dis daardie ekstra bietjie effort, daardie kersie op die koek, wat dit vir jou partner duidelik maak dat jy hom/haar raaksien en waardevol ag.”

En by the way, het jy geweet sommige partners sal dit love om ook ‘n bos blomme te kry (ja, mans hou ook soms daarvan, al erken hulle dit nie) Sit vir hom ‘n pragtige bos blomme op sy bedkassie neer en kyk wat staan oor ‘n paar dae dalk op jou bedkassie…

Anri se 3 top tips:

Tip1:

Maak ‘n punt daarvan om die romanse in die alledaagse raak te sien. Verhoudings wat die toets van tyd deurstaan, is dié wat realistiese verwagtinge van hul verhouding en van hul partners koester.

Tip 2:

Leer ken mekaar beter deur om te verstaan presies wat die dingetjies is wat liefde en omgee vir jou partner spreek. Om as couple effektief en duidelik te kan kommunikeer oor jul spesifieke behoeftes is crucial! Daar is baie oulike hulpmiddels daar buite om presies net dit reg te kry. Gaan woon ‘n couples workshop by – die nie net vir coupels wat in die moeilikheid is nie!

Tip 3:

Hê fun! Wees kreatief em maak ‘n punt daarvan om nie die fun – element in jul verhouding te verloor nie. Hulle sê nie verniet “The couple who laughs together stays together” nie.  Maak gereeld tyd vir ‘n special date event. Gaan doen iets buiten die norm. Woon ‘n kooklas by of gaan saam vir ‘n golfles.