As ek terug dink aan my gelukkigste herhinneringe as kind, is my troeteldiere prominete figure daarin. Ek onthou my eerste hamster en hoe ek hom heeldag dopgehou het… Ek onthou hoe ek baba gansies uit hulle eiers help het en weer onder die mamma se vlerkies gesit het… Ek onthou hoe ek duiwe probeer mak maak het en hoe hulle in my klerekas nes gemaak het… As ek my oe toemaak en terug dink aan my kinderdae, sien ek ons erf. Ek sien al die hoenders, ganse, eende en honde wat almal my maats was. Ek onthou hoe die ganse bo op my kom staan het as ek hartseer was en hulle bekkies deur my hare getrek het so asof hulle sê: “Alles gaan okay wees, ons is lief vir jou.”

Ek besef dat alle kinders nie die voorreg het om troeteldiere te hê nie en dat daar sekerlik redes is waarom hulle dit nie kan he nie, maar ek wil graag met hierdie artikel die positiewe impak wat troeteldiere op kinders se lewens kan speel bespreek. Wanneer daar na die voordele van die mens-dier verhouding gekyk word, kan daar fisiese, emosionele en sosiale voordele geidentifiseer word.

Wanneer kinders in kontak met diere hom, en dit positief beleef, skei die brein Oksitosin af. Hierdie stof skep n gevoel van geluk en liefde wat kinders as “lekker” beleef. Hierdie stof help ook die kind om gesonde bindings te vorm en kan positief benut word met kinders wat bindingsprobleme het. Mediese navorsing toon ook dat positiewe kontak met diere bloedruk en spanning verlaag en hartklop reguleer. Kinders ervaar dus n ontspanne gevoel wat angstigheid verlaag en die kind help met emosionele regulering.

Elke dag wanneer ek by die huis kom, wag daar twee swaaiende sterte vir my by die hek. Hulle gee nie om hoe my dag was, hoe ek lyk of wat ek doen nie. Hulle is ALTYD bly om my te sien. My honde bied onvoorwaardelike liefde en aanvaarding binne n wereld wat dit nie noodwendig bied nie. Kinders ervaar die dier-kind verhouding as veilig aangesien die dier nie die kind vooroordeel nie. Positiewe kontak met troeteldiere skep emosionele veiligheid vir kinders aangesien hulle altyd daar is om ‘n hand te lek of ‘n drukkie te gee in tye van hartseer.

As kind het my ouers vir my een belangrike les geleer: “Respekteer alles wat lewe, maar nie saak hoe klein hulle is nie.” Deur my interaksie met diere het ek geleer dat ek nie diere kan seermaak of mishandel nie. Positiewe kontak met troeteldiere kan dus vir kinders toepaslike sosiale gedrag leer en empatie bewerkstellig. Kinders leer ook hoe om verantwoordelikheid vir die dier te neem en hoe om respek vir ander te he. Indien kinders respek en empatie vir n troeteldier kan toon, kan hulle dit ook vir ander mense en maats toon. Kinders wat nie respek en empatie leer nie, sukkel om maats te maak en om sosiale situasies effektief te hanteer.

Aangesien ons almal unieke persoonlikehede het, vind ons aanklank by diere wat by ons pas. As kind het ek honde en voels gehad. Hulle het by my gepas aangesien beide baie liefdevol is. Om die regte troeteldier vir jou kind te kies is deel van die opvoedingsproses. Maak jou kind ‘n aktiewe deel van die besluitnemingsproses. So ontwikkel die kind ‘n gevoel van bemeestering en ook verantwoordelikheid vir sy besluit. Dit ontwikkel oorsaak/gevolg denke in kinders en speel ‘n positiewe rol in hul sosialisering.

In hierdie artikel het ek talle voordele gelys in terme van kinders se positiewe interaksie en kontak met troeteldiere. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat daar egter ook aspekte is wat oorweeg moet word voordat n troeteldiere deel van die gesin gemaak word. Sommige kinders het allergiee vir diere. In hierdie gevalle is dit nie medies goed vir die kind om in kontak met diere te kom nie. Sommige kinders het n vrees vir diere en kontak kan angstigheid vererger. Dit is ten alle tye belangrik om ook die welstand van die diere in ag te neem. Voordat n troeteldier deel van die gesin gemaak word, is dit belangrik dat die gesin genoeg plek het om die dier aan te hou, die nodige tyd het om aan die dier te kan spandeer en genoegsame finasies het om in die dier se mediese, fisiese en emosionele behoeftes te kan voorsien. Die troeteldier word deel van die gesin en behoort soos ‘n gesinslid behandel te word. Hierdeur leer jy ook vir jou kinders respek en verantwoordelikheid. Wanneer troeteldiere dood gaan, is dit belangrikheid om te onthou dat sommige kinders dit as baie erg beleef. Leer asseblief vir jou kinders dat hulle mag rou oor hulle troeteldier en maak n geleentheid vir kinders om dit te doen.

Die kind-dier verhouding kan een van die lekkerste verhoudings in kinders te lewens wees as dit reg bestuur word. Dit skep wonderlike herhinneringe wat kinders altyd by hulle sal dra. Dit leer vir kinders toepaslike sosiale gedrag en bied emosionele veiligheid en ondersteuning. Dit gee vir kinders die geleentheid om te doen wat kinders vanonderstel is om te doen: om te speel, te leer en pret te hê.

“No matter how close we are to another person, few human relationships are as free from strife, disagreement, and frustration as is the relationship you have with a good dog. Few human beings give of themselves to another as a dog gives of itself. I also suspect that we cherish dogs because their unblemished souls make us wish – consciously or unconsciously – that we were as innocent as they are, and make us yearn for a place where innocence is universal and where the meanness, the betrayals, and the cruelties of this world are unknown.” Dean Koontz 

Gaan lees gerus meer oor ons terapie-hondjie; Mojo.