1) Wat is tipiese optrede van iemand wat onvrygewig teenoor haar of sy maat optree?

Ek dink die beste beskrywing van ‘n onvrygewige maat is ‘n selfsugtige houding. Selfsug met betrekking tot sy of haar tyd, voorkeure en afkeure… ‘n Onbereidwilligheid om die ander maat te akkomodeer, ‘n onbereidwilligheid om te vergewe en aan te beweeg…

2) Hoe kan dit julle huwelik beinvloed?

Onvrygewigheid beinvloed ‘n huwelik uiters negatief – as ek net op die eie-ek gefokus is, is die kanse dat ek my maat gaan afskeep enorm groot. Elke persoon het ‘n denkbeeldige emosionele emmer wat volgemaak moet word; ons as mense is behoefte gedrewe wesens en as daar nie voldoende in ons behoeftes bevredig word nie, loop daai emmer vining leeg en ‘n lee emmer lei tot allerhande moeilikheid. Klein probleempies raak massiewe probleme in ons huwelik. Goedjies wat my bietjie irriteer het, raak onoorsienbare defekte in ons maat. Ten einde vol emmers in ‘n huwelik/verhouding te hê, benodig mens twee mense wat nie net op die ei-ek gefokus is nie, maar ook die emosionele kapasiteit het om die ander persoon se behoeftes raak te sien en belangrik te ag.

Ek stem baie beslis saam dat vrygewigheid een van die belangrikste faktore in ‘n huwelik of verhouding is.

Aan die begin van ‘n verhouding is dit gewoonlik baie maklik om te gee – dit kom sommer van nature, want verliefdheid is ‘n vreemde ding. Dit maak ons totaal blind vir die ander persoon se tekortkominge en foute. Ons doen al hierdie dinge en stap die ekstra myl vir hierdie persoon want ons het ‘n sekere wete dat hy/sy presies dieselfde vir ons sal doen…wanneer verliefdheid begin wegkwyn, besef ons stadig maar seker dat hierdie persoon ook maar net mens is, iemand met foute en tekortkominge – alles behalwe perfek. Vinnig slaan realiteit toe en besef ons dat hierdie ander unieke persoon, met presies dieselfde hoop en verwagting hierdie verhouding binne gestap het; en besef ons dat sy of haar ingestelddheid ook redelik ferm op die eie-ek gefokus is. ‘n Onvermoe om hierdie onvermybare stadium in ‘n huwelik doeltreffend te oorbrug, sal beslis lei tot ‘n ongelukkige verhouding.

Wanneer ek vrygewig optree, beteken dit ek kan die ander persoon se behoeftes raaksien en ek het ‘n begeerte om in daardie behoeftes te voorsien. Wanneer ek vrygewig optree, beteken dit ek kan my maat eerste stel wanneer dit nodig is. Ek kan probleem areas herdefinieer as eksterne faktore tot ons huwelik; maw ek en jy teen “te min tyd saam” in teenstelling met “jy wat neul en kla en my probeer vasdruk”.

Vrygewigheid kan lei tot kompromiee aangaan, tot spanwerk, tot ons verhouding eerste plaas. ‘n Vrygewige gesindheid dra by daartoe date k my eie aandeel in probleme/argumente/kwelareas kan raaksien en erken. Sonder vrygewigheid, is ‘n opregte “ek is jammer” amper onmoontlik; want ‘n verskoning is slegs so opreg as wat die stappe om dieselfde situasie te vermy, sigbaar is en sonder ‘n vrygewige ingesteldheid, gaan ek nie sommer probeer regmaak wat ek verbrou het nie…

3) Wat is die redes hoekom iemand “terughou en nie gee nie” in ‘n verhouding?

  • Gelukkige verhoudings verg harde werk: omdat dit so maklik is om verlief te wees, is ons totaal onvoorbereid en omkant gevang deur die feit dat dit in werklikheid baie werk vat om ‘n verhouding te maak werk – as ons dit nie besef nie, mag ons dalk net vasgevang word deur die leuen wat se dat – as mens rerig vir mekaar bedoel is, is dit veronderstel om maklik te wees en van nature te kom. En as ons hierdie leuen bly glo, sal ditons beslus weerhou daarvan om te gee.
  • Die seer van vorige verhoudings: Iemand wat baie seergekry het in ‘n vorige verhouding, mag dit dalk moeilik vind om te gee. Om onvoorwaardelik te gee is ‘n baie selfverloenende daad. Dit kos dat jy jouself emosioneel kwesbaar maak en dat jy die ander persoon met jou diepste wese vertrou…iemand wat diep seergekry het en teleurgestel is in vorige verhoudings, mag ander dalk moeilik vertrou en dus selfbeskermend en terughoudend optree.
  • Opgee: Dit kan wees dat iemand werklik hard probeer het om ‘n huwelik te maak werk maar dat die pogings heeltyd op die vloer geval het. In my ondervinding is dit baie keer ‘n onvermoe om KORREK in ‘n maat se behoeftes te voorsien. Wat jy as waardevol en kosbaar ag, is dalk gladnie so belangrik vir jou maat nie-dus skiet jou pogings te kort. Nie te min, as mens later vasgevang word in die destruktiewe patrone van interaksie; seerkry, teleurgesteldheid, negatiewe reaksies wat weer seermaak en en en, bereik mens later ‘n punt waar jou emosionele emmer dolleeg is. En met niks in jou emmer nie, is dit biiter moeilik om te gee.

4) Hoe kan jy meer vrygewig teenoor jou maat optree?

Deur om te besef dat die enigste ding wat jy werklik kan verander of kan beheer…JY is. So probeer om op jou eie aandeel te fokus. Fokus daarop om uit te vind wat jou maat se emosionele emmer sal volmaak en DOEN DIT.

Spandeer een hele dag om net oor jou maat se positiewe aspekte te dink. Ons word so vining vasgevang in die negatiewes, dat die positiewes ons totaal ontwyk – gaan dink bietjie na oor hoekom jy hierdie persoon in die eerste plek gekies het en gaan soek daardie eienskappe. Fokus daarop en se vir jou maat dat jy dit in hom / haar waardeer en raaksien.

Romeine se jy kan jou lewe verander deur jou denke te vernuwe – gaan dink anders oor jou maat en kyk hoe ‘n groot verskil dit in jul verhouding maak!

5) Hoe kan jy jou maat kry om meer vrygewig teenoor jou op te tree?

Baie belangrik om te onthou- jy kan nie jou maat verander nie en jy kan nie hom/haar enige iets maak doen nie. Jy kan wel versoek…

Im my ondervinding as huweliksberader, is die mees effektiewe manier om meer vrygewigheid vanaf jou maat te ontvang oop en eerlike kommunikasie; wat doeltreffend en effektief geskied. Wat ek hiermee bedoel is, deel jou emosies met jou maat, eerder as om bloot tyd saam te spandeer of om aan te val en te verskree. As jy ‘n behoefte het aan meer tyd saam met hom/haar, neem die initiatief en reel iets. Se dan vir jou maat dis vir jou belangrik dat julle tyd saam spandeer en hoe jy voel of wat jy ervaar wanneer julle nie voldoende geleentheid hiervoor kry nie.

As jou maat nie voel hy/sy word blammeer of aangeval nie, sal die boodskap baie duideliker deurkom en sal versoeke werklik ter harte geneem word.

Soms is die patrone van interaksie al so vasgelê, dat hierdie tipe komunikasie amper onmoontlik is. In so ‘n geval sou ek aanraai om ‘n fassiliteerder te nader wat hiermee kan help.